Raakgesien: Genesing van Wanhoop en Angs deur Verbintenis Voorbeeld
Wanneer jy Wanhopig is
Elia het gesukkel. Paulus het gesukkel. Jesus het gesukkel.
Ek het al dikwels gedink, hoekom het Paulus nie 'n terapeut nodig gehad nie? Ek is seker as ons ervaar het wat Paulus ervaar het, ons terapie sou nodig hê. Paulus het egter wél terapie gehad. Dit was ingebou in die kultuur waarin hy geleef het. Verbintenis was in die struktuur van die antieke tyd verweef.
Verbintenis met God, met ander en met self.
Jesus het dit byvoorbeeld uitgeleef deur daagliks te onttrek om met die Vader te verbind. Paulus het waarskynlik op dieselfde manier gelewe. Paulus was diep verbind met ander. Van aangesig tot aangesig, elke dag saam met broers en susters om te bid, emosioneel te ontspan, om empatie te voel en om te voel dat hy raakgesien word. Paulus het nie gevoel asof hy sy laste alleen dra nie. Dit is die resultaat daarvaan om te voel dat jy raakgesien word. Wanneer ons voel dat ons raakgesien word, voel ons nie alleen nie. Selfs in die tronk was hy nie alleen nie.
Paulus was ook aan homself verbind. Sy stadiger pas in die lewe het beteken dat, as hy 'n afspraak in 'n ander dorp gehad het, hy waarskynlik daarheen sou moes stap. Geen fone, geen podsendings en geen musiek nie. Net Paulus alleen met sy gedagtes en met God.
Het jy al ooit gedink hoekom ons in ons samelewing vandag so bang vir stilte is? Hoekom is ons bang vir stil wees? Miskien is daar sekere gevoelens wat ons vermy. Miskien is dit bekommernis oor die toekoms wat ons wegsteek en in die diepste deel van ons harte bewaar.
Mettertyd versamel ons brein al daardie energie en al daardie verborge emosies. Spanning produseer kortisol in ons liggame. ’n Konstante drup van kortisol veroorsaak dat die brein die verwerking aan regterkant, die amigdala, verhoog. Met verloop van tyd skep dit 'n afname in logiese verwerking. Eenvoudig gestel, wanhoop en angs kan 'n ontkoppeling tussen die regterkant van ons brein (emosionele verwerking) en die linkerkant van ons brein (logiese verwerking) skep.
Wanneer ons ander egter help om te voel dat hulle raakgesien word, kan ons help om genesing te beïnvloed.
Aangaande hierdie leesplan
Hoe help ons diegene wat seer het of sukkel met uitdagings in hul geestesgesondheid? In hierdie leesplan, gebaseer op die topverkoper boek, "SEEN: Healing Despair and Anxiety in Kids and Teens Through the Power of Connection", gee Dr. Chinwé Williams en Will Hutcherson 'n Bybelse en navorsings-gebaseerde perspektief oor hoe om kinders en tieners te help wat wanhoop, depressie, angs en ander uitdagings in hul geestesgesondheid moet konfronteer.
More