Lei My, HereVoorbeeld

Lei My, Here

DAG 6 VAN 7

MOET NOOIT OPGEE NIE

Here, U het gesê ons sal in hierdie wêreld swaarkry beleef (Johannes 16:33). Vandag voel dit of my probleme my oorweldig sonder enige verligting in sig. Ek wil ’n man wees wat moedig uithou omdat ek weet dat U alles ten goede laat meewerk (Romeine 8:28).

Gee vir my krag en maak my geloof sterk in uitdagende situasies. Gee vir my wysheid en lei my in hierdie moeilike tye, dit maak nie saak hoe lank dit aanhou nie. Gee vir my die vertroue wanneer ek alleen voel om te weet dat U vír my is – nie teen my nie. Help my om te weet dat geen swaarkry kan vergelyk word met die heerlikheid wat in die hemel op my wag nie. Sterk my in u liefde.

Amen

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Lei My, Here

Vir ’n pad besaai met struikelblokke, uitdagings en krisisse het 'n man vandag een ding nodig: God se leiding. Hierdie sewe gebede deur pa-en-seun-duo Rob en Josh Teigen sal elke man help om weer terug te keer na die Een wat hom deur elke krisis kan lei. Die gebede is geneem uit hul gebedeboek 101 GEBEDE VIR MANS.

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/