Lei My, HereVoorbeeld

Lei My, Here

DAG 2 VAN 7

DIE LIG OP MY PAD

Here, soveel stemme probeer vir my vertel hoe om my lewe te leef. “Kenners” op sosiale media, vriende en familie bied almal raad aan oor die hantering van my sake en verhoudings. Met soveel inligting tot my beskikking is dit moeilik om te bepaal wat wyse raad is en wat net menslike opinies is. Ek is bang ek verloor koers.

Wanneer ek verward voel, het ek u Gees nodig om my deur die lig van u Woord te lei sodat ek die regte pad kan volg. Gee asseblief vir my leiding uit u Woord wanneer ek nie weet wat om te doen nie. Wys vir my wie ek kan vertrou vir Goddelike leiding. Help my om te groei in my begrip van die Bybel terwyl u Gees my help om toe te pas wat ek leer.

Bewaar my van sonde en verval in my lewe, en help my om U te vertrou en alles te gehoorsaam wat U sê.

Amen

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Lei My, Here

Vir ’n pad besaai met struikelblokke, uitdagings en krisisse het 'n man vandag een ding nodig: God se leiding. Hierdie sewe gebede deur pa-en-seun-duo Rob en Josh Teigen sal elke man help om weer terug te keer na die Een wat hom deur elke krisis kan lei. Die gebede is geneem uit hul gebedeboek 101 GEBEDE VIR MANS.

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/