Lei My, HereVoorbeeld

Lei My, Here

DAG 3 VAN 7

GEREED OM TE LUISTER

Here, ek is bang om dwaas te lyk. Ek neem nie net aan dat ander my probleme sal verstaan of omgee wanneer ek swaarkry nie. Ek voel ek moet op my eie bene staan en self my probleme hanteer. Wanneer ek egter voor spanning, gebroke verhoudings, finansiële probleme of versoekings te staan kom, beveel U my om raad te vra by die godvrugtige mense in my lewe.

Gee asseblief vir my wyse en volwasse raadgewers om te nader. Gee vir my die moed om my besluite en probleme met mense te bespreek wat my kan help. Openbaar u wil en wysheid in die raad wat ek kry. Maak my nederig om te luister en my te onderwerp aan u leiding in my lewe. U is my getroue Herder wat my pad bepaal.

Amen

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Lei My, Here

Vir ’n pad besaai met struikelblokke, uitdagings en krisisse het 'n man vandag een ding nodig: God se leiding. Hierdie sewe gebede deur pa-en-seun-duo Rob en Josh Teigen sal elke man help om weer terug te keer na die Een wat hom deur elke krisis kan lei. Die gebede is geneem uit hul gebedeboek 101 GEBEDE VIR MANS.

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/