Lei My, HereVoorbeeld
WIE IS MY HULP?
Here, U is my enigste hulp; tog vertrou ek so dikwels net op myself of ander mense. Ek vertrou op my inkomste om in my behoeftes te voorsien. Ek maak staat op my eie krag om dinge gedoen te kry in plaas daarvan om u krag op te soek. Wanneer my verhoudings sukkel, vertrou ek op myself in plaas daarvan om na u volmaakte voorbeeld van liefdevolle versoening te kyk. Ek wil alles self doen, maar kom nêrens en is gespanne.
Gee vir my die wysheid om in alles op U te vertrou en nie staat te maak op my eie insigte nie (Spreuke 3:5). Openbaar u weë aan my en gee vir my die moed om u leiding te gehoorsaam. Help my om my vrae en behoeftes elke dag in gebed na U te neem.
Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vir ’n pad besaai met struikelblokke, uitdagings en krisisse het 'n man vandag een ding nodig: God se leiding. Hierdie sewe gebede deur pa-en-seun-duo Rob en Josh Teigen sal elke man help om weer terug te keer na die Een wat hom deur elke krisis kan lei. Die gebede is geneem uit hul gebedeboek 101 GEBEDE VIR MANS.
More
Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/