God Is _______Voorbeeld

God Is _______

DAG 5 VAN 6

God Is Getrou

"En toe die Here by hom verbygaan, het hy geroep: 'HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig, en groot van goedertierenheid en trou, wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kleinkinders, aan die derde en aan die vierde geslag” Eksodus 34:6-7 AFR53.

Ons het 'n paar eienskappe van God ondersoek, en ons kan vele meer regdeur die Skrif vind. In Eksodus hoofstuk 34 openbaar God vyf spesifieke eienskappe oor Homself aan Moses: Hy is barmhartig, genadig, lankmoedig, groot van goedertierenheid, en getrou.

In dieselfde gedeelte sê God ook vir Moses dat Hy nie skuldiges ongestraf laat bly nie. Dit lyk dalk na 'n skokkende skuif, nie waar nie? God wil hê dat sy mense moet weet Hy is liefdevol en getrou en groot van goedertierenheid … maar Hy sal ook waar nodig straf uitdeel. Hoe versoen ons daardie spanning van God se geregtigheid teenoor sy liefde?

Eerstens, is ons geneig om dinge in swart en wit te sien. God oortref egter by verre die blokkies waarin ons Hom probeer pas. Hy is nie net liefdevol nie — Hy is ook regverdig, daarom kan Hy nie toelaat dat die skuldiges ongestraf bly nie. Tog is Hy ook genadig, wat beteken, al straf Hy 'n paar geslagte, bewys Hy sy liefde aan duisende geslagte.

God se liefde en sy geregtigheid kom albei regdeur die Skrif na vore. Dit is 'n groot deel van sy getrouheid.

God se grootse planne om ons verhouding met Hom te herstel, begin met 'n belofte wat Hy aan Abraham en Sara in Genesis maak. Hy sê dat Hy die wêreld deur hulle nageslag sal seën — 'n belofte wat uiteindelik in Jesus vervul word.

As mense gaan ons, heel voorspelbaar, voort om ons kant van die ooreenkoms te verontagsaam. Terwyl God met Moses praat, raak die res van die volk ongeduldig en besluit om eerder die beeld van 'n goue kalf te aanbid. Vanweë sy getrouheid aan sy beloftes, vernietig God hulle tog nie.

In plaas daarvan, ontvang diegene wat volhou om aan Hom ongehoorsaam te wees en hulle van Hom weg te keer, hulle verdiende straf, maar diegene wat hulle bekeer, kry nog 'n kans.

Ondanks baie ander herhalende mislukkings van die mens, bly God getrou, wat duidelik gedemonstreer word deur Jesus wat God se belofte kom vervul het.

Elke keer wanneer ons dus oortree of foute maak, kan ons ons na God terug haas in dankbaarheid dat ons mislukkings nie afbreuk doen aan God se getrouheid om sy beloftes te na te kom nie.

Bid: Vader, dankie vir u getrouheid deur Jesus en ook regdeur my lewe. Selfs wanneer ek ontrou is of misluk, faal U my nooit nie, en daarvoor loof ek U. Gee my oë om u getrouheid in u werke raak te sien, en laat my geloof in die proses groei. In die Naam van Jesus. Amen.

Uitdaging: Dink na oor spesifieke tye in jou lewe waar jy die getrouheid van God gesien het. Oorweeg dit om 'n lys te maak waarna jy gereeld kan terugverwys.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

God Is _______

Wie is God? Ons het almal verskillende antwoorde, maar hoe weet ons wat is waar? Dit maak nie saak hoe jou ervarings met God, Christene of die kerk was nie, dit is tyd om God te ontdek vir wie Hy regtig is — werklik, teenwoordig en gereed om jou te ontmoet waar jy is. Gee die eerste tree met hierdie 6-dag leesplan wat pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks, God Is _______, vergesel.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/