God Is _______Voorbeeld
God Is Hier
“… En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” Matteus 28:20.
God wou nog altyd in verhouding met die mens wees, ons sien daardie begeerte met verloop van tyd op verskillende maniere manifesteer.
In die begin het God in die tuin van Eden met Adam en Eva geleef en gewandel. Toe hulle gesondig het, het dit ons verhouding met Hom verbreek, maar het nie sy plan om naby ons te wees gekeer nie.
God die Vader, het Jesus aarde toe gestuur om ons verhouding met Hom reg te stel, en in een van Jesus se laaste verklarings op aarde het Hy belowe om altyd by ons te wees. Hy het sy volgelinge belowe dat hulle die Heilige Gees sal ontvang, wat God in ons sal wees.
Wanneer ons Christus volg, is God se Heilige Gees nie net by ons nie – maar binne-in ons. In die Ou Testament moes die mense na die tempel gaan om die teenwoordigheid van God te ervaar. Maar nou, wanneer ons Jesus aanneem, is ons die tempels waar die Gees van God woon.
God wou altyd naby ons wees, en deur Jesus het dit weer 'n werklikheid geword. Alhoewel ons gretig wag op 'n dag wat God alle dinge sal vernuwe sodat ons saam met Hom in sy volmaakte koninkryk kan lewe, wag ons nie ledig totdat dit gebeur nie. God het vir ons werk gegee om te doen.
Van die begin af wou God hê dat die mens oor die skepping moet heers. Hy het vir ons gawes en opdragte gegee om sy werk te doen terwyl ons op die aarde is, dus is verlossing nie net 'n kaartjie hemel toe nie — dit is 'n uitnodiging om te werk om meer van die hemel hier op aarde te bring.
Wanneer ons dit doen, sal ons nie in ons eie swakheid werk nie. Ons sal in vennootskap met God werk, en staatmaak op sy Gees in ons om enigiets te doen. Sonder God kan ons niks doen nie, maar as tempels van die lewende God en sy Gees wat in ons woon, kan ons meer doen as wat ons gedink het moontlik is.
Ons kom dikwels in die versoeking om te dink God is 'n veraf Wese in die hemelruim, deur selfs na Hom as "die groot ou daar bo" te verwys. Ons God is egter hier.
Wanneer ons weet dat God se teenwoordigheid by en in ons is, kan ons begin werk aan die doel wat Hy vir ons het — deur sy goeie nuus met ander te deel en meer van sy goedheid hier op aarde te bring.
Bid: Dankie Vader, wanneer ek Jesus in my lewe innooi, U nie net by my is nie, maar ook in my! Ek vra dat u Heilige Gees my deur hierdie dag sal lei. Wys my hoe om meer van u koninkryk hier op aarde te bring, en dankie dat U saam met die mens werk om u wil uit te voer. Ek vertrou U, en ek vra vandag vir groter bewustheid van u teenwoordigheid. In die Naam van Jesus. Amen.
Uitdaging: Terwyl jy vandag in God se teenwoordigheid rus, gee spesiale aandag aan dit wat die Gees jou aanspoor om te doen, en vra Hom dan vir die moed om dit uit te voer!
Aangaande hierdie leesplan
Wie is God? Ons het almal verskillende antwoorde, maar hoe weet ons wat is waar? Dit maak nie saak hoe jou ervarings met God, Christene of die kerk was nie, dit is tyd om God te ontdek vir wie Hy regtig is — werklik, teenwoordig en gereed om jou te ontmoet waar jy is. Gee die eerste tree met hierdie 6-dag leesplan wat pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks, God Is _______, vergesel.
More