Hoe Om Verhoudings Te Laat WerkVoorbeeld

Relat(able): Making Relationships Work

DAG 6 VAN 7

Handdruk van vrede

Is daar in jou lewe 'n verhouding wat op 'n manier afgesny of vernietig is? Is daar 'n leemte in 'n verhouding wat jy voel onherstelbaar is? Ek wil hê jy moet vandag oor die moontlikheid van versoening, herstelling, en voornemens in daardie verhoudings dink.

As jy aan Jesus behoort, is God se doel en plan dat jy 'n manier sal vind om in vrede met almal te leef. Jy mag dink dat dit onmoontlik is, maar onthou dat alles vir God moontlik is. God het vir jou vrede bewerkstellig deur middel van die kruis. Dit was nie vir Hom nodig om dit te doen nie — Hy het nie bedreig gevoel deur jou, of iets van jou nodig gehad nie. Hy wou 'n verhouding met jou hê.

Die kruis is die resep vir versoening in jou verhoudings. En die belangrikste deel van daardie versoening is die evangelie. Jesus het die bose oorwin met die goeie, en Hy vra vir jou om dieselfde te doen, deur jou vyande lief te hê. As daar egter versoening in jou lewe gaan wees, sal jy die byl van genade moet vat om die boom van bitterheid en wrok af te kap. Jy sal vir God moet vra om daardie situasie met die ander persoon te verander in 'n verhaal wat sy genade weerspieël.

Dit sal bonatuurlike kragte verg om dit te kan doen. Dit is tog nie natuurlik om ander te vergewe vir wat hulle teenoor jou gedoen het nie. As 'n volgeling van Jesus kan jy egter die moontlikheid van vrede sien, want jy weet dat as God met jou kan vrede maak, kan Hy met enige iemand vrede maak.

Dit beteken nie vrede sal altyd plaasvind nie, maar dit hang van jou af om die geleentheid te skep. Die Bybel sê: ”… sover dit van julle afhang …", want jy is die een wie die bonatuurlike krag van Jesus in jou lewe ontvang het. Dit hang van jou af, om so ver as moontlik, vrede te probeer soek.

As jy regtig wil uitstaan in die lewe en 'n vredemaker wil word, moet jy uit jou pad uit gaan om dit te bereik. Jy sal moet weier om toe te laat dat vernietigende patrone vashouplek kry in jou lewe. Jy moet jou eie aandeel in die seerkry aanvaar en jou behoefte laat vaar om van die kwaad telling te hou. Jy sal dalk die verhouding vreedsaam moet beëindig om verlos te word van die ongesonde dinamika wat die verhouding tot niet laat gaan het.

Dit is die Heilige Gees in jou wat jou in staat stel om die proses van versoening in verpletterde verhoudings te kan laat plaasvind. Dieselfde Gees van God, wie die Seun van God geskenk het, kan die proses van vrede tussen jou en iemand anders skep. Jou gebed moet so klink: "Here, ek wil hê dat U hierin verheerlik moet word, meer as wat ek reg wil wees. Ek wil hierdie verhouding herstel hê, maar Gees van God, U sal dit in my moet doen." Dan kan jy wegloop van vergelding af, jou poging tot wraak laat vaar, en voortgaan sonder die las op jou skouers. Want sover dit jou betref, kies jy om in vrede met ander saam te leef — ongeag hulle reaksie.

Reageer

Hoe het jy in die verlede op gebroke verhoudings gereageer? Hoe beïnvloed jou verhouding met God hoe jy seerkry in ‘n verhouding hanteer?

Watter ingesteldheid is nodig sodat jy in vrede met ander kan leef? Wat is God se rol daarin om geregtigheid te laat geskied in 'n oortreding? Watter deel van hierdie proses is vir jou die moeilikste?

Hoe kan jy vrede en vergifnis bied, sonder om vernietigende gedrag te gebruik? Hoe weet jy wanneer versoening nie moontlik is nie?

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Relat(able): Making Relationships Work

Hierdie leesplan sluit sewe daaglikse oordenkings in. Dit is gebaseer op Louie Giglio se studieplan “Relat(able): Making Relationships Work”. In hierdie leesplan gaan ons uitvind hoe ons aanklank vind by ander mense, hoe God vrede skep in 'n tyd van stryd, en hoe ons kan help om gebroke verhoudings wat skynbaar onherstelbaar is, te herstel.

More

Baie dankie aan Louie Giglio en HarperCollins wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://vimeo.com/ondemand/relatable