Leesplan inligting

52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 11 VAN 52

Wanneer 'n soldaat gaan veg, trek hy sy gevegsklere aan en kies die regte wapens. Op dieselfde manier is ons in 'n geestelike geveg betrokke en moet 'n wapenrusting aantrek. Die Satan wil God se planne stopsit en sy mense vernietig, maar ons het kragtige wapens en wapenrustings. Ons hoef nie deur die duiwel rondgestoot te word nie; ons kan opstaan, ons bewapen en die vyand verslaan. God gee vir ons beide die wapenrusting vir beskerming sowel as die wapens om teen die vyand te veg.

VRAE

Wat is jou gunsteling deel van God se wapensrusting? Het jy geweet dat die Bybel jou geestelike swaard is?

BELYDENIS

Jesus het my mag oor die duiwel gegee. God het vir ons 'n wapenrusting gegee om ons teen die duiwel se aanvalle te beskerm en gee vir ons wapens om hom te oorwin.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die...

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid