Vertrou Op Die Een Wat Getrou Is Voorbeeld

Vertrou Op Die Een Wat Getrou Is

DAG 13 VAN 14

Here, leer ons

Is jy vandag besluiteloos? Moet jy ernstige besluite neem en soek jy na leiding en raad? Die goeie nuus is dat die Here belowe om jou te onderrig en jou te leer; Hy sal vir jou die pad aanwys en jou lei. Al wat jy vandag moet doen, is om jou vertroue in Hom te plaas. Psalm 20:8 sê: “Sommige volke vertrou op strydwaens en perde, maar ons vertrou op die Naam van die HERE ons God.” Ons vertrou op Hom en Hom alleen.

Mense staan dikwels stomverbaas en is verward oor hoe God half-geletterde mense op deurslaggewende maniere gebruik. Abraham Lincoln, een van die grootste presidente van die VSA, indien nie dié grootste nie, was ’n doodgewone plattelandse seun. Hy het min opleiding gehad en dit het gelyk of hy in elke opsig in sy lewe misluk, totdat hy die Here Jesus Christus op ’n baie werklike manier leer ken het. Ten spyte van sy geringe formele opleiding het Lincoln ’n paar besluite tydens sy ampstermyn in die VSA geneem wat groot veranderinge teweeggebring het. Hy was die een wat deels daarvoor verantwoordelik was dat slawerny in die VSA afgeskaf is omdat die Here die Een was wat hom onderrig en gelei het.

Moenie jou nederige begin geringskat nie. Plaas net vandag jou vertroue in die Here en Hy sal jou onderrig en jou die pad aanwys.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Vertrou Op Die Een Wat Getrou Is

“As jy vandag jou vertroue in iemand wil plaas, is daar niemand wat jou vertroue meer verdien nie as die Goeie Herder, die Here Jesus Christus. Ek kan hierdie Herder van harte aanbeveel. Sedert die dag dat ek die eerste keer my vertroue in Hom geplaas het, het Hy my nog nooit in die steek gelaat nie.” Deel Angus Buchan se vertroue-reis in 14 oordenkings uit sy dagboek ’N MOSTERDSAAD.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/