Die Grootste GeskenkVoorbeeld
Prys Sy Trou
Lees: Psalm 105
SOAP: Psalm 105:42–43
Ja, Hy het sy heilige belofte aan sy dienaar Abraham gestand gedoen en sy volk juigend, sy uitverkorenes jubelend laat voorttrek.
Oordenking
Die Psalmdigter van vandag se Skrifgedeelte begin deur alle mense uit te nooi om eienaarskap te neem van hul verhouding met en aanbidding tot God. Ons moet: loof, aanroep, bekend maak, sing, musiek maak, vertel van, roem, bly wees, soek en onthou.
Ons lees dan 'n opsomming van die geskiedenis van die Israeliete, van God se eerste belofte aan Abraham tot die vervulling van daardie belofte toe die mense Kanaän binnegekom het. Op sy volmaakte tydsberekening het God sy woord aan sy volk gestand gedoen, en deur hul aanbidding en lofprysing kon hulle die verhaal van sy getrouheid vertel.
Wat is jou verhaal van God se getrouheid? Waar het Hy sy beloftes gestand gedoen, jou vervul met hoop, jou van sonde verlos, saam met jou deur die woestyn gestap, jou voorsien van wat jy die nodigste gehad het? Dank God vandag! Roep sy Naam aan en maak aan alle nasies bekend wat Hy in jou lewe gedoen het — aan jou familie, bure en gemeenskap. Sing tot eer van God wat Hy in jou lewe gedoen het, of speel musiek wat help om jou verhaal te deel.
Gaan voort en roem oor wat God in jou lewe gedoen het en gee jou hart toestemming om bly te wees! Die Israeliete was nie perfek nie, en ons is ook nie. Maar ons God is, en Hy bly getrou aan sy kinders. Moenie toelaat dat die skande van foute uit die verlede jou weerhou van die gawe om God te loof nie. Wat Hy vir ons deur Jesus gedoen het, dek dit alles.
Gebed
Here God, ons loof U vandag vir u getrouheid. U het u belofte gestand gedoen en vir ons 'n Verlosser gestuur sodat ons verhale nie eindig met omswerwinge nie, maar met ons wonderlike hereniging met U. Help ons om die verhaal wat U in ons lewens skryf, te vertel, sodat ander ook mag hoor en in U kan glo. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/