Die Grootste GeskenkVoorbeeld
Hoop in die Belofte
Lees: Hebreërs 10:19–25
SOAP: Hebreërs 10:23
Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.
Oordenking
Dwarsdeur die Bybel maak God beloftes aan sy kinders en kom Hy dit na. Hy het vir Abram belowe dat hy die vader van baie volke sou wees (Genesis 17:4); God het belowe om die volk Israel te beskerm en hulle uit 430 jaar van slawerny te bevry (Eksodus 2:24–25); en God het verlossing belowe aan almal wat in sy Seun glo (Romeine 1:16–17).
God belowe ook dat:
- As ons Hom soek, sal ons Hom vind (Deuteronomium 4:29 - OV).
- Sy liefde nooit sal ophou nie (1 Kronieke 16:34).
- Ons nuwe lewe in Christus sal ontvang (2 Korintiërs 5:17).
- Ons vrede sal kry as ons bid (Filippense 4:6–7).
- Hy in ons behoeftes sal voorsien (Matteus 6:33).
... en soveel meer!
Die gawe van hoop wat God ons gee is ‘n vaste fondament vir ons geloof, want die beloftes wat God aan mans en vroue in die Bybel gemaak het, toon ons sy ongelooflike karakter wat sy beloftes nakom. Wanneer ons tyd maak om in die Woord van God na bewyse van sy karakter te soek, gaan ons op meer voorbeelde afkom as wat ons kan ooit kan oorvertel. Die manier waarop jy die hoop wat jy in Hom het uitleef, is egter vir jou vriende, familie en gemeenskap die kragtigste voorbeeld van God se betroubaarheid.
God het ook sy beloftes aan jou gestand gedoen. Het jy in die laaste ruk al vir iemand daarvan vertel? Het jy vir iemand vertel van die vrede, liefde en vertroostende teenwoordigheid van God wat jy ervaar het toe jy Hom die nodigste gehad het?
Ek kan nie help om te dink aan die ou gesang wat lui, “My hoop is gebou op niks minder nie as Jesus se bloed en geregtigheid.” God het ons ‘n Verlosser beloof, en daardie belofte nagekom deur die geboorte, dood en opstanding van sy Seun.
Gebed
Vader, dankie dat U my ingesluit het in die beloftes wat U aan u kinders gemaak het. My hoop kom van U. Help my om, in hierdie tyd wat ons u Seun vier, die mense om my van die bron van my hoop te vertel. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie ses weke lange Bybelstudie is daarop gemik om ons harte voor te berei om die grootste van alle geskenke te vier: Jesus Christus. Hierdie studie fokus op die karakter van God en wat dit beteken om ‘n lewe van dankbaarheid te lei. Namate ons die Adventstyd binnegaan, sal ons ‘n paar van die gawes wat God in Jesus vir ons gegee het, bestudeer, naamlik: hoop, geloof, vreugde en vrede.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/