Die Laaste Vier deur Craig GroeschelVoorbeeld

God het die hemel en die aarde geskape, hoe kan Hy dus enigsins tyd hê om om te gee oor alledaagse dinge wat gebeur? Dit is werklik baie moeilik om te begryp hoe so 'n groot en magtige God soveel vir ons kan omgee. Gelukkig het ons die Skrif wat die diepte van sy liefde vir ons beskryf. Vandag se Bybelversies herinner ons dat ons werk is om Hom te volg soos skape 'n herder volg.
Luister na Pastoor Craig wanneer hy gesels oor Psalm 143:8, wat hom herinner het aan die betekenisvolheid daarvan om te vertrou op die Here se onfeilbare liefde vir elkeen van ons.
Aangaande hierdie leesplan

Het jy al ooit gewonder wat in die denke van 'n leraar aangaan? Wel, hier is jou kans! Die stigter en senior pastoor van Life.Church, Craig Groeschel, gee ons 'n intieme kykie na sy daaglikse roetine wanneer hy die laaste vier verse lees wat hy in sy Bybel gekleurmerk het. Laat jou denke toe om vernuwe te word terwyl jy die Skrifgedeeltes saam met hom lees en uitvind hoekom hy gekies het om hulle in die eerste plek te kleurmerk.
More