Leef Geen LeuensVoorbeeld

Live No Lies

DAG 7 VAN 7

NA ALLES GEDOEN IS, BLY STANDVASTIG

Ons sien ook in Jesus se lewe die patroon om leuens met die Woord van God te beveg. 

Jesus se eerste ontmoeting met die duiwel is deur beide Lukas en Matteus opgeteken. 

Hou eers hier op en lees Lukas 4:1-13 weer stadig deur.

Die duiwel het Jesus drie keer versoek. Elke keer het Jesus in kalmte met 'n aanhaling uit die Woord van God gereageer. Hy gee nie 'n duim skiet nie. Uiteindelik verlaat die duiwel Hom.

Hierdie verhaal is so anders as wat ek sou verwag het. Dit lees soos 'n gesprek. Daar is geen swaarde, geen uitbarsting van woede nie, maar dit is eintlik 'n volledige, ernstige geveg. Jesus bly egter kalm, Hy straal 'n stille vertroue in sy Vader se waarheid uit. 

Let ook op, Hy doen dit deur gebruik te maak van sy spesifieke benadering, of wat mettertyd geestelike dissiplines genoem is. 

Hy is heeltemal alleen saam met God in die woestyn — dit waarna later as stilte en afsondering verwys is. 

Hy is in gebed.

Hy vas.

Alles wat in sy denke is en uit sy mond kom, bestaan net uit die Woord van God. 

Dit is hoe ons, as Jesus se vakleerlinge die duiwel moet beveg — nie deur die een of ander emosionele of geestelike praatjies nie. Ons staan eenvoudig met Jesus se benadering in stille vertroue op God se waarheid. 

Die duiwel se hoofstrategie om die siel en gemeenskap tot ondergang te dryf, is deur bedrieglike idees wat tot ongedissiplineerde begeertes lei, en mettertyd in 'n sondige gemeenskap as normaal aanvaar word. 

Die teenmiddel is ... geestelike dissiplines.

Jy kan dit so stel: geestelike dissiplines kom op geestelike oorlogvoering neer. 

Dit is deur Jesus se benaderings wat ons ons denke en ons liggame aan God bied en ons siele vir sy Gees en waarheid oopstel. 

Petrus het dieselfde taal gebruik as Paulus toe hy aan die Efesiërs raad gegee het hoe om die duiwel te beveg: "Bly standvastig in die geloof ..." (sien 1 Petrus 5:8-9).

Dit is hoe ons hom oorwin: ons bly standvastig. 

Wanneer ons voor valse onderrig te staan kom, sal Jesus eenvoudig die leuens uitwys deur Hom altyd op die Woord van God te beroep. 

Anders gestel, Hy bly standvastig.

Hy het ook nog nooit 'n geveg verloor nie. 

Wanneer het geestelike benaderings jou bemagtig om teen die duiwel standvastig te bly? Hoe sal hierdie benadering op 'n groter skaal wees as jy vir jou geloof standvastig moet bly te midde van 'n deurmekaar, teenstrydige gemeenskap? Hoe mag hierdie benadering dalk groter vrede in jou lewe bring?

Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig. Leer nog meer oor Live No Lies deur John Mark Comer hier

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Live No Lies

Kom jy agter dat jy uitgeput raak terwyl jy deur jou onlangse nuusvoer kyk omdat jy verskeur voel deur die ideologieë van ons tyd? John Mark Comer bemoedig ons om ons harte sag en oop te hou terwyl ons in ons geslag van toenemende vyandige sekularisme vir Jesus volg. Om geestelike hernuwing in ons dag te vind begin deur die innerlike konflik tussen die leuens wat ons lewe en die waarheid te herken wat die vrede bring waarna ons verlang.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/600097/live-no-lies-by-john-mark-comer/