Leef Geen LeuensVoorbeeld

Live No Lies

DAG 3 VAN 7

DIE VADER VAN LEUENS

So vurig soos wat Jesus ook teer was, het Hy eenkeer vir die Fariseërs gesê wie hulle "vader" is: "Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen" (Johannes 8:44).

Neem van drie feite kennis vanuit Jesus se onderrig oor die raaiselagtige skepsel wat Hy die duiwel noem. 

Kom ons begin by die vanselfsprekende: Jesus sê daar is 'n duiwel. 

Die enigste manier om ten volle van boosheid in al sy bedorwenheid sin te maak — van grootskaalse, wêreldse stelsels van kwaad soos sistematiese rassisme of ekonomiese kolonialisme tot kleinskaalse, menslike kwaad, soos ons onvermoë om op te hou met ons self-vernietigende alkohol misbruik of agterbakse opmerkings oor ons vriende — is om 'n mag daaragter te sien.

Tweedens, volgens Jesus, is die duiwel se einddoel om dood te versprei. 

Die duiwel se agenda téén lewe, en vir die dood, vir chaos is 'n onversadigbare vuur. 

Jesus, aan die anderkant, is die outeur van die lewe self en 'n voorstander vir alles wat goed, mooi en waar is — veral vir liefde. God is liefde en die duiwel is in opstand teen alles wat God is. Dus, is sy doelwit om liefde te vernietig — een verhouding, een gemeenskap, een nasie, een geslag op 'n keer. 

Dit is hoekom dit dikwels soos 'n oorlog voel om Jesus te volg. Dit is presies so. Dit is nie maklik om daagliks in die koninkryk van God te vorder nie, want die duiwel staan dit teë. Ons voel die teenstand elke dag — in daardie knaende innerlike spanning wanneer ons verskeur word deur die wedywerende begeertes tussen liefde en wellus, eerlikheid en oneerlikheid, selfbeheersing en toegewing. Ons voel hierdie teenstand in die stryd vir ons geloof in 'n sekulêre era waar so baie kulturele instellings lyk asof hulle geloof heeltemal agtergelaat het. Ons voel hierdie teenstand in die afbreek van 'n samelewing wat sy kern verloor en buite beheer tol.

Laastens, volgens Jesus, is die duiwel se medium leuens. 

Ironies genoeg, in Jesus se mees diepgaande onderrig oor die duiwel in al vier die evangelies, praat Hy nie van die uitdryf van demone, siekte of skrikwekkende nagmerries nie. In plaas daarvan, raak Hy met die godsdiensleiers van sy dag in intellektuele debatte betrokke oor waarheid en leuens.

Jesus sien ons belangrikste oorlog teen die duiwel as 'n stryd om die waarheid te glo, bo sy leuens. Hoe stry ons in daardie oorlog? Dit is waarna ons volgende gaan kyk.

Hoekom is dit so belangrik vir die duiwel dat jy sy leuens oor God moet glo?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Live No Lies

Kom jy agter dat jy uitgeput raak terwyl jy deur jou onlangse nuusvoer kyk omdat jy verskeur voel deur die ideologieë van ons tyd? John Mark Comer bemoedig ons om ons harte sag en oop te hou terwyl ons in ons geslag van toenemende vyandige sekularisme vir Jesus volg. Om geestelike hernuwing in ons dag te vind begin deur die innerlike konflik tussen die leuens wat ons lewe en die waarheid te herken wat die vrede bring waarna ons verlang.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/600097/live-no-lies-by-john-mark-comer/