Leef Geen LeuensVoorbeeld

Live No Lies

DAG 5 VAN 7

GENEES EMOSIONELE WONDE

Kom ons keer ons nou weg van die ideologie wat 'n rol in die kulture oorloë speel na die leuens wat ons oor onsself glo. Die meeste leuens wat ons in die gesig staar, haal nie nuwe hoofopskrifte of beland in Twitter-debatte nie. 

Dit is die volwasse man wat gereeld deur sy pa uitgetrap is, wat geneig is om te glo dat sy aanvaarbaarheid van sy sukses by die werk afhanklik is. 

Dit is die tienermeisie wat haarself met die Instagram illusie vergelyk, wat begin glo sy is lelik en onwaardig om liefde te ontvang. 

Dit is die pastoor wat 'n baie woelige kind was en gereeld deur haar ouers betig is, wat nou glo sy is 'n slegte mens. 

Dit is die entrepreneur wie se onderneming misluk het weens die verraad van sy vennoot, wat nou glo alles wat hy doen sal misluk. 

Dit is die middeljarige vrou wat deur 'n kwaai, perfeksionistiese ma grootgemaak is en dekades later nog steeds glo sy moet perfek wees om vrede te hê. 

Ek het besonderhede ter wille van anonimiteit uitgelaat, maar hierdie is nie hipotetiese voorbeelde nie. Hulle is 'n klein voorbeeld van duisende verhale wat mense aan my as hulle pastoor, mee vertrou. 

Daar is nie 'n siel wat ek ken wat nie op een of ander lewensvlak in leuens vasgevang is nie. 

Om voor die leuens wat ons begin glo het te staan te kom, kan vreesaanjaend wees. Soos T.S. Elliot dit stel: "Die mensdom kan nie baie werklikheid hanteer nie." Die illusies waaraan ons vashou word deel van ons identiteit en daarmee saam ook ons sekuriteit. Hulle laat ons veilig voel selfs al hou dit ons in vrees gevange. Om hulle uit die teelaarde van ons siele uit te skeur, kan verskriklik pynlik wees. 

Toe Jesus dus gesê het: "julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak" (Johannes 8:32), het Hy terselfdertyd gesê dat ons slawe van leuens is. Ons is slawe van die tirannie van valse idees oor die werklikheid wat ons siele en ons gemeenskap in pyn en lyding gevange hou. Soos Paulus later gesê het, het die duiwel "hulle gevange gehou om sy wil te gehoorsaam" (2 Timoteus 2:26b). 

Jesus het gekom om ons met die wapen van die waarheid te bevry. Dit is slegs wanneer ons van aangesig-tot-aangesig voor God se werklikheid te staan kom, wat ons vrede vind.

Watter vyf dinge glo jy oor jouself? Wanneer het jy begin om dit te glo? Hoekom dink jy dit is waar?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Live No Lies

Kom jy agter dat jy uitgeput raak terwyl jy deur jou onlangse nuusvoer kyk omdat jy verskeur voel deur die ideologieë van ons tyd? John Mark Comer bemoedig ons om ons harte sag en oop te hou terwyl ons in ons geslag van toenemende vyandige sekularisme vir Jesus volg. Om geestelike hernuwing in ons dag te vind begin deur die innerlike konflik tussen die leuens wat ons lewe en die waarheid te herken wat die vrede bring waarna ons verlang.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/600097/live-no-lies-by-john-mark-comer/