Ten volle Toegewyd: SkeppingVoorbeeld
God Het Rus Geskep
Tot dusver het ons na Genesis 1 en 2 gekyk om ons te help om 'n paar van die grootste vrae in die lewe te verstaan: Wie is God? Wat beteken dit om mens te wees? Waarom maak verhoudinge saak? Wat is ons doel?
Vandag gaan ons 'n kragtige les uit die laaste skeppingsdag leer. Dit was op die sewende skeppingsdag dat God gerus het.
Jy mag moontlik jouself die vraag afvra: "As God so magtig is, waarom moes Hy dan rus?"
Daar is twee hoofredes hiervoor:
1. God het gerus om 'n verhouding te geniet met sy skepping.
Stel jou voor jy het 'n Lego-stel gekry waaroor jy baie opgewonde is. Terwyl jy besig is om dit te bou en aanmekaar te sit, voel jy gedurig dat jy nog meer moet doen. Dus hou jy aan, om dit perfek te kry.
Ongelukkig kan jy dit nooit regtig perfek regkry nie, dus hou jy eindeloos daarmee aan. As dit sou gebeur, sal jy nooit werklik die dinge wat jy daarmee gebou het, kon geniet nie.
God het op die sewende dag gerus sodat Hy, in plaas daarvan om net aan sy skepping te werk, ook 'n verhouding met sy skepping kon geniet. Dit sal baie moeilik wees om betekenisvolle verhoudinge te bou as ons net probeer om aan ander mense te werk. Dit is eers as ons 'n tree terug neem van die werk af en rus dat ons die werk kan geniet wat ons gedoen het.
2. God het gerus om 'n voorbeeld te stel vir sy skepping.
Het jy al ooit iemand ontmoet wat so lank en hard deur sy lewe gewerk het dat hy ineengestort? Of iemand wat die heeltyd besig is en mettertyd heeltemal oorweldig en gespanne word — totdat dit lyk asof hulle vergeet het hoe om pret te hê?
Dit is presies die teenoorgestelde van wat God vir ons wil hê. Hy het miskien nie nodig gehad om te rus om Homself te verfris nie, maar vir ons is dit absoluut noodsaaklik. As mense is ons wesens met beperkinge.
Dit is maklik om onsself heeltemal te vermoei as ons nie tyd maak om te rus nie. Op dieselfde manier as wat God gerus het van die werk om sy skepping te geniet, moet ons ook rus van die werk om ons Skepper te geniet.
Dit is die oorsprong van die Joodse gebruik van die sabbat. Een keer per week weerhou die Jode hulle van werk, om tyd saam met vriende en familie te geniet en tyd te skep om met God 'n verbintenis te maak. Die gebruik van die sabbat is 'n weeklikse herinnering dat jou waarde nie afkomstig is van wat jy doen nie, maar van die God wat jou geskep het.
Joernaalvrae
- Skryf 'n vers uit die Skrifgedeelte van vandag in jou joernaal. Watter wanopvattings het jy oor rus?
- Kan jy hierdie week God se voorbeeld volg en tyd maak om jou verhouding met Hom en ander te geniet?
- Wat sou verander in jou lewe as jy vanuit 'n plek van vreugdevolle rus in plaas van konstante spanning funksioneer?
Memoriseervers
"God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep" Genesis 1:27.
Aangaande hierdie leesplan
Wou jy al ooit in jou verhouding met God groei, die Bybel beter verstaan en leer hoe om Jesus vandag in ons wêreld getrou te volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ontdek saam met ons waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 2 van die 9-dele Volledig Toegewyde Reis.
More