Ten volle Toegewyd: SkeppingVoorbeeld
God Het Ons geskep
As moderne lesers kan dit maklik wees om die ingewikkelde skepping in Genesis 1 mis te kyk. As ons egter na hierdie verhaal in sy oorspronklike taal kyk, kan ons die briljante struktuur daarvan sien.
Die grootste gedeelte van die skeppingsverhaal speel oor ses dae af, terwyl God se werk teen die sewende dag voltooi is. Die eerste drie dae wys ons dat God ruimtes gevorm het — dag en nag; lug en oppervlak; en land en see. Op dae drie tot vyf, sien ons hoe God hierdie ruimtes met goeie dinge vul: plantegroei; die son, maan en sterre; en lewende wesens.
Dan, op dag ses, kom dit voor asof daar van die patroon afgewyk word. Dit is op hierdie dag — as die hoogtepunt van die skeppingsverhaal — dat God die mens geskep het.
Daar is iets besonders aan die manier waarop God die mens geskep het. Hy het die mens na sy beeld geskep.
Toe het God gesê: 'Kom ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld' ... as beeld van God het Hy die mens geskep ...(Genesis 1:26 -27).
Die God van alles het die mens geskep na sy beeld. Dit beteken dat elke persoon 'n greintjie van die Goddelike het — dat elke mens geskep is om 'n prent van God te wees. Dit geld vir alle mense.
Dit beteken dat jy deur God geskep is met doel, waardigheid en waarde. Dit is nie as gevolg van wat jy doen nie, maar as gevolg van die God wat jou gemaak het.
Glo jy dit oor jouself? Glo jy dit oor ander?
Genesis 2 wys ons nog meer van die uniekheid van menswees:
"Die Here God het toe die mens gevorm uit die stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het" (Genesis 2:7).God het ons van stof gemaak en lewe in ons geblaas. Hy het ons na sy beeld geskep, ons met sy asem gevul en ons die verantwoordelikheid gegee om saam met Hom te werk om oor die skepping te heers.
Voorheen sou God aan die einde van elke dag kyk na wat Hy geskep het en dit goed noem. Nadat Hy egter die mens geskep het, sê Hy iets effens anders — hierdie keer noem Hy dit baie goed.
Ons is mense, geskep na die beeld van God, gevul met die asem van God, geskape met waardigheid, waarde en doel.
Joernaalvrae
- Skryf 'n vers uit vandag se Skrifgedeelte in jou joernaal neer. Wat vertel hierdie hoofstukke ons oor wat dit beteken om 'n mens te wees?
- Glo jy dat jy doelbewus geskape is, met 'n doel, deur 'n doelgerigte God? Hoekom of hoekom nie?
- Hoe sou jou lewe verander as jy jouself as God se beelddraer beskou?
Memoriseervers
"God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep" Genesis 1:27.
Aangaande hierdie leesplan
Wou jy al ooit in jou verhouding met God groei, die Bybel beter verstaan en leer hoe om Jesus vandag in ons wêreld getrou te volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ontdek saam met ons waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 2 van die 9-dele Volledig Toegewyde Reis.
More