IdentiteitVoorbeeld

Identity

DAG 3 VAN 5

Dag 3: My waarde en betekenis kom van 'n nederige afhanklikheid van God.

Gebed: Hemelse Vader, dankie dat my waarde verseker is in Christus en daarom het ek nie nodig om reg te wees nie.  Amen.

Lees:

Was jy al in 'n verhouding met iemand wat altyd reg wou wees? Hulle aanvaar nie skuld nie en vra nooit om verskoning nie. Indien jy hulle uitdaag, weier hulle om toe te gee. Miskien ken jy die persoon baie goed want jy sien hom elke keer wat jy in die spieël kyk.

Die waarheid is dat niemand daarop uit is om verkeerd te wees nie. Daar is iets in elkeen van ons wat daarvan hou om reg te wees. Die uitdaging is wanneer ons meer daaroor omgee om reg te wees as oor verhoudings. As volgelinge van Christus word ons geroep om ander lief te hê. Maar dit is moeilik om ander goed lief te hê wanneer ons kies om reg te wees bo die verhouding. Om altyd reg te wees kom met baie nadele. Hier is net 'n paar:

  • Ons is nie verhoudings-gewys veilig saam met ander nie.   
  • Ons faal om ons volle potensiaal te bereik want ons is nie bereid om te erken dat ons verkeerd is nie.   
  • Ons vermoë om 'n intieme verhouding met God en ander te hê word verminder.

Om altyd reg te wees is 'n swaar en eensame las om te dra.

Wanneer ons in daardie rigting beweeg, is dit belangrik om te kyk wat daardie gedrag aanvuur. Hetsy dit vir ons 'n voorbeeld was of 'n manier was om te hanteer wat oor ons pad gekom het, ons het 'n valse oortuiging ontwikkel: Ek moet reg wees om te weet dat ek waardevol is.

As dit vir jou die geval is, is dit dalk die belangrikste ding wat jy kan weet: Jou waarde hou nie verband met die feit dat jy reg is nie. Jou waarde is gekoppel daaraan om in Christus te wees. Jou waarde in sy oë is sonder maatstaf.

Die volgende ding wat jy moet weet is dat om altyd reg te wees 'n vorm is van trots en trots lyk nie goed vir enige een nie, veral nie die wat met Jesus geïdentifiseer word nie. Petrus, wat saam met Jesus geloop het en wat perfekte nederigheid waargeneem het op 'n daaglikse basis, skryf in sy brief vir mede gelowiges: 

“Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want 'God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade'" (1 Petrus 5:5b).

Wanneer ons ons waarde vind in die feit dat ons reg moet wees, stel ons onsself in teenstelling met God. Slegs wanneer ons kies om ons behoefte om reg te wees, oorgee, plaas ons onsself in die posisie van God se guns. Dit is 'n baie beter plek om te lewe.

Trots in enige vorm is altyd 'n smaaklose, ongemaklike kledingstuk, maar nederigheid is altyd in die mode, vleiend in elke opsig.

In plaas daarvan te glo jy moet reg wees om waarde te hê, sê eerder vir jouself wat waar is: My waarde en betekenis kom van 'n nederige afhanklikheid van God. 

Nadenke: 

Hoe sou dit vir my wees om vandag die vryheid te aanvaar om verkeerd te wees, om verskoning te vra en om iemand anders se perspektief te sien?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Identity

Wat ons van onsself glo, vorm ons identiteit. Ongelukkig is daar 'n aantal verkeerde idees wat ons saamdra. Hierdie verkeerde idees het nie net 'n impak op die manier waarop ons onsself sien nie, maar dit beroof ons ook van 'n meer vervulde lewe. Lees meer oor sommige alledaagse verkeerde idees wat mense het omtrent hulself en die ware idees waarmee ons dit moet vervang.

More

Ons wil graag vir North Point Community Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://northpoint.org