IdentiteitVoorbeeld
Dag 1: Ons het nie nodig om in beheer te wees nie, want God is in beheer.
Gebed: Here, help my om te onthou dat U in beheer is en dat ek U kan vertrou. Amen.
Lees:
Om 'n gevoel van beheer te hê, voel goed. Selfs as kinders wil ons besluit wat om te eet en wanneer om te gaan slaap — in plaas van doen wat ons ouers sê. Daar is iets aanloklik daaraan om die een te wees wat oor die uitkoms besluit. Daardie behoefte om die een te wees wat in beheer is, kan ook aangevuur word deur 'n algemene verkeerde idee: ék moet in beheer wees om veilig, beskerm en tevrede te wees.
Jy mag byvoorbeeld veiliger voel op reis met 'n motor wanneer jy in die bestuurder sitplek sit (beheer), omdat jy vertroue het in jou vermoë om vinnig te reageer om 'n gevaarlike botsing te vermy.
Jy mag veiliger voel wanneer jy die enigste persoon is wat toegang het tot die gesin se spaarrekening (beheer), want jy kan seker maak dat die geld gaan waar jy wil hê dit moet gaan.
Jy mag meer tevrede voel wanneer jy die een is wat die opkomende vakansie beplan (beheer), omdat jy die beste plekke ken om te besigtig asook die beste ete opsies om te geniet.
Nietemin is daardie "beheer" net 'n illusie, nie waar nie? Ons het al almal slegte weer en verskeie noodgevalle beleef wat ons weldeurdagte planne by die venster laat uitwaai het. Ons kan immers niks heeltemal beheer nie, kan ons?
Koning Salomo, na wie verwys word as die wysste mens wat ooit geleef het, het hierdie woorde geskryf:
"Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas" (Spreuke 19:21).
Ons het nie nodig om in beheer te wees nie, want God is in beheer.
Hoewel ons dalk nie heeltemal beheer het oor ons lewens nie, kan ons op die Een staatmaak wat beheer het. Ons het beperkte perspektief en sien net raak wat ons beïnvloed. God het 'n onbeperkte perspektief. Hy sien die verlede, hede en toekoms van alles en almal.
Terwyl ons nie ten volle verstaan hoekom dinge partykeer skeefloop in die lewe nie, weet ons God het ons lief en gee om wat met ons gebeur. Selfs wanneer ons lewens nie verloop soos ons gehoop het nie, weet ons God is nie onkant gevang nie en Hy is met ons. Wat meer is, sy uiteindelike doelwitte sál seëvier.
Ja, dit kan frustrerend wees wanneer ons nie in beheer is nie. Dit kan teleurstellend en selfs hartseer wees wanneer ons planne nie uitwerk nie. Maar dit is die moeite werd om te onthou ...
Selfs al voel dit of ek in beheer is, is ek nie regtig nie.
Dit maak nie saak wat gebeur nie, God is met my.
God se doelwitte sal uiteindelik bereik word.
Nadenke:
In watter areas van my lewe veg ek vir beheer en hoe kan ek onthou om God hierdie week met daardie dinge te vertrou?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat ons van onsself glo, vorm ons identiteit. Ongelukkig is daar 'n aantal verkeerde idees wat ons saamdra. Hierdie verkeerde idees het nie net 'n impak op die manier waarop ons onsself sien nie, maar dit beroof ons ook van 'n meer vervulde lewe. Lees meer oor sommige alledaagse verkeerde idees wat mense het omtrent hulself en die ware idees waarmee ons dit moet vervang.
More