IdentiteitVoorbeeld
Dag 2: As gevolg van Jesus is ek genoeg.
Gebed: Hemelse Vader, dankie dat U my in u familie aangeneem het en my 'n nuwe skepsel gemaak het. Amen.
Lees:
Het jy al daaraan gedink dat dit nie saak maak hoe hard jy probeer of hoe hard jy aan iets werk nie, dit nooit goed genoeg sal wees nie? Het jy al gevoel dat jy te kort skiet aan iemand se verwagtinge? Jy is nie alleen nie. Die meeste van ons het al op 'n stadium in ons lewe so oor onsself geglo:
Ek voldoen nie aan die verwagtinge nie.
Ek is nie waardig nie.
Ek is nie genoeg nie.
Wat ons oor onsself glo, het 'n kragtige invloed op ons gedrag.
As ons regtig glo dat ons nie goed genoeg is nie, dat ons nie liefde waardig is nie, sal ons hard werk om op 'n manier op te tree wat ons glo iemand se aanvaarding sal kry. Ons sal skuldig en skaam voel wanneer ons nie aan daardie persoon se standaarde of verwagtinge voldoen nie. Die siklus sal voortduur. Dit is 'n uitputtende manier van lewe.
Nietemin, daar is 'n ander manier!
Wanneer ons op Christus vertrou, neem God ons aan in sy familie. Ons word sy kinders. As ons nie soos sy kinders optree nie, is dit omdat ons nie die ontsagwekkende omvang begryp van wat hy gedoen het toe hy ons verlos het deur die dood en opstanding van sy Seun nie.
Wie sê God dan is ons? Die apostel Paulus het dit aan eerste-eeuse volgelinge van Jesus in die stad Korinte geskryf:
“Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom” (2 Korintiërs 5:17).
Hierdie Skrifgedeelte vertel ons dat wanneer ons 'n Christen word en ons vertroue in Jesus plaas, word ons 'n splinternuwe mens. Dit beteken dat ons vryheid kan ervaar deur die lewe te lei wat God vir ons ontwerp het — 'n lewe waar wat God oor ons sê en wie ons is, is hoe ons onsself sien.
As gevolg van Jesus, het God gesê ... jy is genoeg.
Jy is geliefd.
Jy het 'n doel.
Jy behoort.
Jy is SYNE.
Om te glo dat jy genoeg is as gevolg van Jesus kan jou perspektief heeltemal verander. Dit kan vryheid bring wat jy nie eers geweet het moontlik is nie. Jy kan rus en bemoedig word oor wat God van jou sê. Wanneer jy moeg word, kan jy fokus op hierdie waarhede wat jou verstand en hart sal verander.
Nadenke:
Op watter gebiede voel dit vir jou of jy nie aan die verwagtinge voldoen nie? Hoe kan dit jou help as jy jouself daaraan herinner dat jy ten volle deur God aanvaar en goedgekeur word? Indien daardie waarheid insink, hoe sal dit jou emosies en aksies verander?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat ons van onsself glo, vorm ons identiteit. Ongelukkig is daar 'n aantal verkeerde idees wat ons saamdra. Hierdie verkeerde idees het nie net 'n impak op die manier waarop ons onsself sien nie, maar dit beroof ons ook van 'n meer vervulde lewe. Lees meer oor sommige alledaagse verkeerde idees wat mense het omtrent hulself en die ware idees waarmee ons dit moet vervang.
More