In Jesus Is Jy...Voorbeeld

In Jesus Is Jy...

DAG 7 VAN 29

In Jesus Is Ek Beseël

Lees: 2 Korintiërs 1:21–22

SOAP: 2 Korintiërs 1:21–22

“God self het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: op Christus. God het ons vir Hom afgesonder, ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang.”


Oordenking

Het jy al ooit 'n produk by die kruidenierswinkel opgetel en ‘n waarskuwing daarop gesien wat sê, “Moenie gebruik indien die seël beskadig is nie”? Items word verseël om die inhoud binne-in teen enigiets skadelik aan die buitekant te beskerm. In die verlede was briewe met was verseël ter wille van privaatheid en vandag word belangrike dokumente in koeverte verseël.  

Wat word daarmee bedoel dat ons in Jesus beseël is? Behalwe dat seëls sekuriteit en beskerming bied, was dit ook aangebring as ‘n manier om eienaarskap van ‘n item aan te dui. Dit is God wat ons stewig op Christus vestig, wat ons salf en ons as Syne afsonder. Ons identiteit in God is gewaarborg, nie op grond van die werk wat ons kan doen nie, maar as gevolg van die Heilige Gees wat in ons aan die werk is, ons heilig maak, ons van ons verlede los maak en ons ‘n volkome verloste toekoms belowe.

In teenstelling met seëls op kos of briewe waarmee daar gepeuter, wat afgeskeur of gesmelt kan word, is God se seël op ons veilig. Ons identiteit as kind van God staan vas, terwyl die Vader, Seun en Heilige Gees almal in, deur en vir ons werk, nou en vir altyd. 

In 2 Korintiërs 1:19-20 skryf Paulus: “Hy is die ‘ja’ van God, die ‘ja’ op al die beloftes van God. Daarom is dit ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop ‘Amen’ sê.” Ons identiteit in God staan vas en al sy beloftes is “ja” — dit sal op sy volmaakte tyd en manier gebeur — en “amen” — sy beloftes is waar, betroubaar en sal bevestig word.


Gebed

God, wanneer die wêreld my identiteit probeer afbreek en betwis wie ek dink ek is, herinner my dan dat ek U s’n is. U het my uitgekies, my gevestig, my beseël en U sal u beloftes aan my gestand doen. Aan U al die heerlikheid en eer. Amen. 

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

In Jesus Is Jy...

Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies of nasionaliteit te definieer. In hierdie studie gaan ons fokus op die waarheid wie ons in Christus is en daardeur ons ware identiteit verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com