In Jesus Is Jy...Voorbeeld
In Jesus is Ek Vry
Lees: Johannes 8:36, 2 Korintiërs 3:17
SOAP: Johannes 8:36
“Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees.”
Oordenking
Jesus het met die Jode gepraat wat in die tempel in Jerusalem bymekaargekom het, 'n skare wat gemengde gevoelens gehad het oor sy identiteit as die Messias. Diegene wat nie geglo het nie, het verwys na die klein stadjie waarvandaan Jesus gekom het en sy skynbare gebrek aan indrukwekkende familie om sy aansprake te diskrediteer (Johannes 7: 41–43). Min het hulle geweet, Jesus was op die punt om elke profesie te vervul wat ooit oor die komende Messias geskryf is!
In Jesus is ons werklik vry. Vir 'n volk wat gevangenskap en slawerny as 'n nasie ervaar het, in 'n tyd toe heersers en oorwinnaars van gevegte hul gevangenes tot slawe gemaak het, het hulle vryheid as 'n vlietende geleentheid geken. In Johannes 8:35 het Jesus hulle daaraan herinner dat “’n slaaf bly nie vir altyd by ‘n huisgesin nie; ‘n seun bly vir altyd”. In Jesus word ons identiteit van slaaf na seun verander. Ons word volle, volledige en permanente vryheid aangebied - en 'n plek in die gesin van God.
Alhoewel die wêreld mag probeer om ons identiteit, invloed en impak te beperk vanweë ons ouderdom, agtergrond, ervaring of vermoë, is ons identiteit veilig in Jesus. In Hom is ons vry. In Hom het ons ‘n doel. In Hom word ons kinders van God en deel van 'n gesin wat ons nooit sal verlaat, aan ons sal twyfel of wie se liefde vir ons nooit sal opraak nie. Die kettings van sonde wat ons teruggehou het, is nie meer effektief teen die krag van Jesus Christus nie. Ons is vry om 'n lig vir diegene rondom ons te wees, 'n baken van hoop vir ons gemeenskappe en kinders van God wat veilig is in ons identiteit, maak nie saak wat oor ons pad kom nie.
Gebed
Hemelse Vader, dankie dat U my uitnooi om deel te wees van u gesin en my vrymaak van my sonde. Help my om voluit in vryheid te leef, sodat ander in my lewe tot U en u pragtige geskenk van verlossing aangetrokke kan wees. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies of nasionaliteit te definieer. In hierdie studie gaan ons fokus op die waarheid wie ons in Christus is en daardeur ons ware identiteit verstaan.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com