In Jesus Is Jy...Voorbeeld
In Jesus is ek Ontvang
Lees: Romeine 15:7–9
SOAP: Romeine 15:7
“Aanvaar mekaar dan, soos Christus jule ook aanvaar het, tot eer van God.”
Oordenking
Soveel as wat ons almal na verbondenheid smag, begeer ‘n groot deel van ons harte ook aanvaarding. ‘n Oop deur is goed en wel, maar ‘n persoonlike uitnodiging en ‘n sitplek gereserveer vir ons by die tafel is nog beter. Wanneer ons aanvaar voel, kan ons kom soos ons is, sonder die maskers en sonder om voor te gee of alles reg is.
In Paulus se brief aan die Romeine moedig hy die gelowiges aan om mekaar te ontvang – of te aanvaar - soos hulle deur Jesus aanvaar is. Jesus ontvang ons in sy familie al is Hy bewus van die ergste dinge wat ons al gedoen, gesê of gedink het. Hy ken ons verlede, hede en toekoms, en Hy maak steeds plek vir ons by Hom in die ewigheid.
Die vroeë Romeinse Christene het gesukkel om ander gelowiges te aanvaar wat dinge effens anders gedoen het, soos die kos wat hulle geëet het of die spesiale dae wat hulle onderhou het. In hierdie grys areas het sommige gelowiges hulself beter begin ag as ander, wie se keuses en praktykte hulle veroordeel het. Paulus was baie duidelik in sy brief dat hierdie tipe gedrag net tot verdeeldheid sou lei.
In Jesus word ons ten volle en volkome in die familie van God ontvang. Ons verskille vorm ‘n beeldskone tapisserie wat lewe bring tot die evangelie. Ons is uniek geskape na die beeld en gelykenis van God om ons gawes en talente op so ‘n wyse te gebruik om God te verheerlik en sy koninkryk uit te brei. As God ons met ope arms aanvaar, wie is ons dan om mekaar te veroordeel?
Ons het mekaar nodig, en ons getuienis van die evangelie word verhinder wanneer ons met ander gelowiges meeding en hulle veroordeel. In Jesus word ons nie net ontvang nie, maar ook geroep om mekaar met oop harte te ontvang, te aanvaar en te ondersteun.
Gebed
Hemelse Vader, alhoewel ek ‘n sondaar is wat U liefde nie verdien nie, het U my uitverkies en in u familie aanvaar. Gee vir my oë om diegene rondom my wat nie hierdie aanvaarding ken nie, raak te sien, sodat ek hulle aan U kan voorstel. Gee vir my ‘n hart om U liefde sonder oordeel oor te dra. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies of nasionaliteit te definieer. In hierdie studie gaan ons fokus op die waarheid wie ons in Christus is en daardeur ons ware identiteit verstaan.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com