In Jesus Is Jy...Voorbeeld
In Jesus is Ek Gered
Lees: Romeine 5:8–10, Efesiërs 2:1–5
SOAP: Efesiërs 2:4–5
”Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredinge, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!”
Oordenking
Daar is iets ongelooflik oortuigend aan 'n "voor en na"-foto. Huisvernuwings wys ons die potensiaal wat ons in ons eie kamers kan vind, terwyl fiksheidstransformasies ons hoop gee dat ons werk ook vrugte sal afwerp. Dit kan lekker wees om na foto's te kyk wat aan ander wys hoe ons in daardie ongemaklike tienerjare gelyk het, of die verskil tussen die begin en einde van 'n kreatiewe projek.
In Paulus se brief aan die Efesiërs het hy tyd spandeer om hulle - en ons - te herinner aan die transformasie wat plaasvind wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanneem. Ons word nie net gered nie, maar ons identiteit verskuif van "dood" na "lewend". Paulus het nie gepraat van 'n letterlike opwekking uit die dood nie, maar van die toestand van ons siele. Layman se Kommentaar van die Nuwe Testament, beskryf dit as "'n bestaan sonder die ware doel, karakter en vervulling van die menslike lewe wat na die beeld van God geskep is".
God het ons so lief dat Hy nie kon toelaat dat ons slegs 'dood' as 'n opsie vir ons identiteit het nie. Toe Hy ons verlossing beplan het deur die offer van sy Seun aan die kruis, het ons 'n nuwe keuse en 'n nuwe identiteit gekry: lewend in Christus. Wanneer ons verstaan wie ons was voordat Jesus in ons lewens gekom het, kan ons die liefde, genade en barmhartigheid wat God aan elkeen van ons betoon, nog meer waardeer.
In Jesus word ons gered, nie net van die verdiende straf vir ons sondes nie, maar van ons "voor" identiteit tot 'n "na" transformasie wat ons tot ware, oorvloedige lewe bring.
Gebed
Here God, terwyl ek nadink oor al die maniere waarop ek u liefde, genade en barmhartigheid nie verdien nie, het ek nog meer ontsag vir die geskenk van verlossing wat U deur Jesus bied. Dankie dat U my 'n nuwe identiteit gee, 'n "na" wat vol lewe en hoop en met ‘n doel is. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies of nasionaliteit te definieer. In hierdie studie gaan ons fokus op die waarheid wie ons in Christus is en daardeur ons ware identiteit verstaan.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com