Ten volle Toegewyd: 'n InleidingVoorbeeld

Fully Devoted: An Introduction

DAG 13 VAN 14

Hoe Deel Ons Die Bybel Met Ander?

Op hierdie reis om ten volle toegewyde volgelinge van Jesus te word, is ons in die proses om ter wille van ander soos Jesus te word. Jesus het vir ons 'n lewenswyse gewys wat altyd daarop gerig was om ander te dien. As sy volgelinge is ons opdrag om dieselfde te doen. Dit is hoekom dit vir ons so belangrik is om nie net die woorde van Jesus te ken en uit te leef nie, maar ook om dit met ander te deel.

'n Skrifgedeelte wat baie nuttig is om daardie vraag te beantwoord, kom uit Paulus se brief aan sy leerling Timoteus. Timoteus was 'n jong leier wat in beheer van die Christelike gemeenskap in Efese was. As 'n Christus-volgeling het Timoteus geweet dat hy deur God geroep is om die wysheid van die Skrif met die mense om hom te deel.  

Om hom daarmee te help, het Paulus hom aangemoedig om 'n voorbeeld te stel in die manier waarop hy praat, optree, liefhet en leef. Een effektiewe manier om die goeie nuus van Jesus met ander te deel, is deur dit in ons lewens te weerspieël. Wanneer ons die weg van Jesus aktief in ons daaglikse lewens beoefen, sal mense iets anders in ons sien, en hulle sal wil hê wat ons het — 'n hoop en 'n vrede wat hierdie wêreld nie kan wegneem nie. 

Paulus sê vervolgens vir Timoteus om hom daartoe te verbind om die Bybel saam met ander te lees, om hulle sodoende te herinner wie Jesus is en wat Hy gedoen het. Terwyl hy die pad met hulle stap moet hy hulle leer hoe om as studente van Jesus te lewe. 

Hoe deel ons ons geloof met ander? 

Ons stel 'n voorbeeld deur ons leefwyse, en dan vertel ons mense van Jesus — wie Hy is en wat Hy gedoen het. 

Soms begin dit deur iemand kerk toe te nooi of te nooi om saam met jou Bybel te lees. Ander kere deur vir mense te vertel hoe Jesus jou lewe verander het. 

As gevolg van Jesus, is ons in God se koninkryk ingenooi. As koninkryksmense, is ons deur God geroep om ons geloof met ander te deel.

Laastens sê Paulus vir Timoteus hierdie woorde: 

"Lê jou op hierdie dinge toe, leef daarin, sodat almal jou vordering kan sien. Let goed op jou lewe en jou leer, volhard daarin want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister" 1 Timoteus 4:15-16.

Wanneer ons onsself daartoe verbind om die weg van Jesus uit te leef en sy woorde met ander te deel, sal mense ons lewens sien en besef iets is anders. Wanneer ons ander mense in hierdie pragtige avontuur innooi, kan hulle ook die vergifnis van sondes ontvang en met God herenig word. 

Joernaalvrae: 

  • Skryf die Skrifgedeelte neer wat die meeste vir jou in vandag se lesing uitgestaan het. Wat staan ​​vir jou uit van hierdie Skrif? Hoekom dink jy dit is belangrik? 
  • Het jy al ooit jou geloof met iemand anders gedeel? Hoe het jy dit ervaar? 
  • Hoe selfversekerd sou jy voel as jy gevra word om iemand te lei om 'n dissipel te wees? Waaroor sal jy huiwer en watter vrae sou jy hê? Wat is die een stap wat jy vandag kan neem om antwoorde op hierdie vrae te kry?

Memoriseervers

"Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is" Johannes 13:34-35.
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Fully Devoted: An Introduction

Wil jy groei in jou verhouding met God, die Bybel beter verstaan en leer hoe jy vandag vir Jesus getrou in ons wêreld kan volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ons ontdek waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 1 in 'n reis van 9 dele.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://www.life.church/ en www.go2.lc/fullydevoted