My Allerbeste Vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Allerbeste Vir Sy Hoogste

DAG 10 VAN 10

INISIATIEF TEEN WANHOOP

In die tuin van Getsemane het die dissipels aan die slaap geraak terwyl hulle moes wakker bly, en toe hulle eers besef wat hulle gedoen het, het hulle begin wanhoop. Die bewustheid dat ons iets onomkeerbaars gedoen het, is geneig om ons wanhopig te maak. Ons sê: “Wel, dis nou alles oor en verby; watter sin het dit om nog verder te probeer?” Indien ons miskien dink dat hierdie soort wanhoop ’n uitsondering is, maak ons ’n fout. Dit is ’n baie algemene menslike ervaring. Die oomblik wanneer ons besef dat ons nie ’n uitstekende geleentheid benut het nie, is ons geneig om in wanhoop te versink. Maar Jesus kom liefdevol na ons toe en sê: “Slaap nou maar. Daardie geleentheid is vir ewig verby en jy kan niks daaraan verander nie. Maar staan op, kom ons beweeg voort na die volgende geleentheid.” Met ander woorde, laat die verlede met rus, maar laat dit met rus in Jesus se soete omarming en laat ons die toekoms onoorwinlik met Hom betree.

Daar is soortgelyke ervarings in ons almal se lewe. Ons beleef almal tye van wanhoop wat veroorsaak word deur ware gebeurtenisse, en dit is vir ons onmoontlik om self uit die wanhoopsituasie te kom. Die dissipels het in hierdie situasie die ondenkbare gedoen: hulle het aan die slaap geraak in plaas daarvan om saam met Jesus te waak.

Maar Jesus kom hulle tegemoet en Hy neem die geestelike inisiatief deur in der waarheid te sê: “Staan op en doen die volgende ding.” Wat is die “volgende ding” wanneer ons deur God geïnspireer is? Dit is om Hom volkome te vertrou en tot Hom te bid op die grondslag van sy verlossing.

Moet nooit dat die bewustheid van ou mislukkings jou volgende tree verongeluk nie.


Hierdie oordenkings is saamgestel uit MY ALLERBESTE VIR SY HOOGSTE deur Oswald Chambers © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

My Allerbeste Vir Sy Hoogste

Ons sê ons vertou op God, maar daar is tog soveel om ons oor te bekommer! Oswald Chambers deel ’n ander perspektief met ons: “Dink daaraan hoe onnodig en oneerbiedig dit is dat jy jou bekommer.” Sjoe! Oswald moedig jou aan om te onthou God weet wat Hy doen. Kweek vandag ’n gesindheid van diepe afhanklikheid en vertroue op God. Hierdie leesplan is saamgestel uit MY ALLERBESTE VIR SY HOOGSTE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za