My Allerbeste Vir Sy HoogsteVoorbeeld
OM DEUR DIE VADER GETREK TE WORD
Wanneer God my na Hom toe begin trek, kom die kwessie van my wil dadelik weer ter sprake. Sal ek positief reageer ten opsigte van die waarheid wat God geopenbaar het? Sal ek na Hom toe kom? Om oor geestelike sake te beraadslaag en dit te bespreek wanneer God my roep, is onvanpas en sonder respek teenoor Hom. Wanneer God met jou praat, moet dit nie met iemand bespreek om jou te help besluit oor wat jou reaksie behoort te wees nie (vgl. Gal. 1:15-16). Geloof is nie die gevolg van ’n intellektuele stap nie, maar die gevolg van ’n wilsdaad waardeur ek myself doelbewus verbind. Maar, is ek gewillig om myself te verbind, en myself absoluut en in totaliteit aan God te onderwerp en op te tree slegs volgens dit wat Hy sê? Indien ek gewillig is, sal ek vind dat ek gegrondves is op ’n realiteit so seker en vas as die troon van God.
Maak doodseker dat jy in die prediking van die evangelie altyd fokus op die kwessie van die wil. Geloof moet spruit uit my wil om te glo. Daar moet ’n oorgawe wees van my wil, nie ’n oorgawe aan ’n oorredende of kragtige argument nie. Ek moet doelbewus opstaan en my geloof in God en in sy waarheid plaas. Verder moet ek geen vertroue in my eie werk hê nie, maar in God alleen. Wanneer ek op my eie verstandelike begrip vertrou, verhinder dit my om volkome op God te vertrou. Ek moet gewillig wees om my eie gevoelens te ignoreer en dit agter my te laat. Ek moet wil glo. Maar dit kan nooit bereik word sonder ’n vasberade, kragtige poging van my kant om myself los te maak van my ou beskouing van sake nie. Ek moet myself geheel en al aan God oorgee.
Elkeen van ons is geskape met die vermoë om verder te reik as wat ons kan bykom. Maar dit is God wat my trek, en my verhouding met Hom is in die eerste plek ’n innerlike, persoonlike verhouding en nie ’n intellektuele een nie. Ek is in hierdie verhouding deur ’n wonderwerk van God en deur my eie wil om te glo. Dan begin ek intellektuele waardering en begrip kry vir die wonder van transformasie wat in my lewe plaasgevind het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons sê ons vertou op God, maar daar is tog soveel om ons oor te bekommer! Oswald Chambers deel ’n ander perspektief met ons: “Dink daaraan hoe onnodig en oneerbiedig dit is dat jy jou bekommer.” Sjoe! Oswald moedig jou aan om te onthou God weet wat Hy doen. Kweek vandag ’n gesindheid van diepe afhanklikheid en vertroue op God. Hierdie leesplan is saamgestel uit MY ALLERBESTE VIR SY HOOGSTE.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za