Hoop Vir Elke MôreVoorbeeld
Mooi voetstappe
Elke mens op aarde is desperaat vir hoop. Die nuus vertel elke dag vir ons hartseer bangmaakstories oor mense wat baklei en seerkry. Mense vir wie ons lief is, word siek of kry swaar. Geliefdes trek weg of laat mekaar in die steek. Die toekoms kan donker lyk vir mense wat voel daar is niks om na uit te sien nie.
Omdat ons die goeie nuus van Jesus se verlossing ken, het ons almal ’n boodskap van hoop vir elkeen wat oor ons pad kom. Jy kan vir iemand wat eensaam is, vertel dat Jesus sy of haar Vriend wil wees. Iemand wat skuldig voel oor vreeslike foute kan vergifnis vind. Hulle wat siek of swak is, kan nuwe krag kry. Al is ’n mens hóé hartseer of teleurgestel – daar is altyd nuwe lewe en hoop in Jesus.
Ons is op ons beste wanneer ons God se boodskap van vrede en verlossing uitdra. Ons kan vertel van hoe Jesus na die wêreld toe gekom het om “wat verlore is, te red” (Lukas 19:10). Ons kan ons eie stories deel van hoe ons deur die Vader gehelp en vergewe is. God se geskenk van liefde is die beste nuus wat enigiemand ooit kan hoor.
Weet jy van iemand wat vandag hoop nodig het? Bid vir daardie mens en wees gereed om die goeie nuus van God se vrede en verlossing te deel.
Here, dankie dat U vir ons die goeie nuus van Jesus bring sodat ons gered kan word. Gee vir ons “mooi voetstappe” wat u boodskap van hoop na almal neem wat nodig het om dit te hoor. Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Waarvoor hoop jy vandag? Is daar iets nuuts wat jy graag sou wou probeer? Het jy ’n doelwit wat jy graag wil bereik? Kom ons begin leef in hoop. Want al weet ons dat ons voor uitdagings te staan sal kom, wéét ons God is getrou! Kom ons staan elke dag op met HOOP en leef dit uit! Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR ELKE MÔRE deur Joanna Teigen.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za