Hoop Vir Elke MôreVoorbeeld
Die krag van oorlogsperde
Of dit nou resiesperde is wat dawerend om ’n baan storm, renmotors met kragtige enjins wat jaag dat die stof staan of ’n gespierde losskakel wat deur die verdediging bars om ’n drie aan te teken … ons leef nou maar eenmaal in ’n wêreld wat krag, magsvertoon en spoed verheerlik.
Probeer ons ook om magtig en belangrik te wees? Oefen en werk ons met net een doel: om die allerbeste te wees? Vermy ons mislukking en swakheid ten alle koste? Met ’n kombinasie van hoop en vrees doen ons alles in ons vermoë om veilig te voel en suksesvol te wees.
Alhoewel die Here wil hê ons moet met wysheid en versigtigheid optree, beïndruk ons krag Hom nie. Ons verstand en spiere en bankrekenings sal nie vir ons trofeë in die hemel inpalm nie. Wat die Here gelukkig maak, is wanneer ons op sy krag eerder as ons eie krag staatmaak. Kom ons probeer om op te hou om sélf ons probleme te wil oplos. Ons kan maar erken dat ons moeg of bang is of eenvoudig nie oor die nodige talent of temperament beskik om ’n bepaalde droom te bereik nie. As ons die Here vra om ons lief te hê en ons te help, belowe Hy om in ons swakheid sy krag tot volle verwesenliking te laat kom (2 Korintiërs 12:9).
Here, U is ons krag en ons vreugde. Ons plaas al ons hoop op U! Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Waarvoor hoop jy vandag? Is daar iets nuuts wat jy graag sou wou probeer? Het jy ’n doelwit wat jy graag wil bereik? Kom ons begin leef in hoop. Want al weet ons dat ons voor uitdagings te staan sal kom, wéét ons God is getrou! Kom ons staan elke dag op met HOOP en leef dit uit! Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR ELKE MÔRE deur Joanna Teigen.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za