Hoop Vir Elke MôreVoorbeeld
Soos vernietigende sprinkane
’n Skerpmaker kan ’n potlood in ’n japtrap in saagsels verander. Een enkele vuurhoutjie kan ’n yslike veldbrand begin. ’n Sprinkaan eet elke dag sy volle liggaamsgewig in kos. Wanneer miljoene sprinkane in swerms saamkoek, kan hulle ’n boer se oes in ’n oogwink opvreet. Mense wat op die oes staatmaak vir kos, moet dan honger ly. Sprinkaanplae het al rampspoedige hongersnood veroorsaak.
Die Here weet hoe gebroke en vol sonde ons wêreld is. Hy kan sien hoeveel swaarkry veroorsaak word wanneer ons dinge verloor wat vir ons kosbaar is. Mense verloor geliefdes. Hulle verloor werke en huise. Hulle verloor gesondheid en krag. Drome sterf en teleurstelling is oral. Swaarkry is ’n hartseer werklikheid. Maar God het die wêreld so lief dat Hy vir ons hoop bied.
God belowe vir sy kinders groot blydskap. Ongeag wat ons in hierdie wêreld verloor – ons wen ewige skatte in die hemel. Jesus berei vir ons ’n plek voor waar alles nuut is. “Hy sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het verbygegaan” (Openbaring 21:4-5).
Het jy iets verloor wat vir jou belangrik was? Jy kan vashou aan die hoop van God se belofte om jou lief te hê en vir altyd te seën.
Here, ons harte word maklik gebreek. Vernuwe ons met u liefde. Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Waarvoor hoop jy vandag? Is daar iets nuuts wat jy graag sou wou probeer? Het jy ’n doelwit wat jy graag wil bereik? Kom ons begin leef in hoop. Want al weet ons dat ons voor uitdagings te staan sal kom, wéét ons God is getrou! Kom ons staan elke dag op met HOOP en leef dit uit! Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR ELKE MÔRE deur Joanna Teigen.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za