Hoop Vir Elke MôreVoorbeeld
Moenie opgee nie!
Wanneer ’n mens leer kook, is ’n paar gebrande disse gewoonlik onvermydelik voor jy met selfvertroue in die kombuis kan staan. Om te leer lees, moet ons begin by die alfabet en stadig van eenvoudige woorde na sinne na hoofstukke vorder. Om by enige doelwit uit te kom, moet ’n mens aanhou en aanhou probeer.
Ons wil Jesus graag volg en sy Woord gehoorsaam. Nogtans stry ons teen sonde, al probeer ons hoe hard. “Ek versuim die goeie wat ek so graag wil doen, maar die slegte wat ek nie wil nie, dít doen ek” (Romeine 7:19). Ons is altyd in ’n stryd gewikkel tussen ons ingebore sondigheid – en ons liefde vir God.
Wanneer ons moeg en ontmoedig voel, is daar altyd hoop in Jesus. Hy het ons ’n hart vol geloof, liefde en lewe gegee – en sal ook vir ons die krag gee om uit te hou en aan te hou. Die Heilige Gees gee vir ons die wysheid om uit die pad van versoekings te bly en ons medegelowiges sal ons aanmoedig en ophelp langs die pad. Kom ons help mekaar om in hierdie wedloop aan te hou hardloop tot ons eendag saam met Jesus is.
Here, help ons om aan te hou hardloop na U toe sonder om ooit moed op te gee. Amen
Hierdie oordenkings is saamgestel uit HOOP VIR ELKE MÔRE deur Joanna Teigen © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Waarvoor hoop jy vandag? Is daar iets nuuts wat jy graag sou wou probeer? Het jy ’n doelwit wat jy graag wil bereik? Kom ons begin leef in hoop. Want al weet ons dat ons voor uitdagings te staan sal kom, wéét ons God is getrou! Kom ons staan elke dag op met HOOP en leef dit uit! Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR ELKE MÔRE deur Joanna Teigen.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za