Vreesloos In Die Geveg Voorbeeld

Fearless in Battle

DAG 7 VAN 7

Gebed is die voertuig en geloof die brandstof.  

Matteus 21:22 sê: "As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra." 

Ons kan die vrymoedigheid hê om God enigiets te vra "omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra" (1 Johannes 5:14).

Vrees weerhou ons gewoonlik daarvan om te bid. Wanneer ons dan bid, is dit gewoonlik die laaste uitweg. Ons fokus dan meer op ons probleem as op die karakter van God. 

Gebed is egter die voertuig vir jou deurbraak. Maar 'n voertuig sonder brandstof is nutteloos. Gebed benodig die brandstof van geloof. 'n Ongelowige gebed kan net sowel geen gebed wees nie.

Die Skrif sê dat ons sal ontvang wat ons in geloof vra as dit volgens God se wil is. 

Regdeur die Skrif vind ons voorbeelde van wonderwerke wat deur gebede vol geloof voorafgegaan is. In vandag se Skriflesing sien ons dat Jesus gebid het voordat Hy Lasarus gevra het om uit die graf uit te kom. In Matteus 14 het Jesus die vyf brode en twee visse geneem, gebid oor die offergawe — en dit het vermenigvuldig. Toe Petrus die verlamde man genees het in Handelinge 3, het hy eers gebid "in die Naam van Jesus Christus van Nasaret."

Toe ons dogter, Jenita, in die een geveg na die ander gewikkel was in haar stryd teen die kanker, het ek en my vrou baie tyd op ons knieë deurgebring. Ons het na God uitgeroep vir genesing. Ons het teen die deure van die hemel gehamer. Ja, uiteindelik het ons ons wil aan God s'n onderwerp. Maar ek weet sonder enige twyfel dat ons 'n God het wat gebede hoor en verhoor en wat reageer op ons geloof.

Regdeur ons reis het ons geleer dat geloof die moontlike te midde van die onmoontlike sien; dit herken die bonatuurlike en ignoreer die natuurlike; geloof volhard in hoop, lag vir die logiese en begelei wonderwerke in.

As jy meer wil weet van ons familie se reis deur die stryd van kankerbehandeling, kan jy daarvan lees in my boek, Fearless in Battle. 

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Fearless in Battle

Is jy iemand wat gewoonlik ingee vir vrees? Of lewe jy konstant in geloof? In hierdie oordenking leer ons hoe om stappe in geloof te neem, sodat jy vir God die geleentheid bied om sy krag in jou skynbaar onmoontlike situasie te kom wys. Word geïnspireer deur 'n persoonlike getuienis van hoe dit is om vreesloos deur die skadu van die dood te loop. Leer om vreesloos te lewe.

More

Baie dankie aan Rajiv Chelladurai en LifeWay Publications India wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: https://lifeway.in/fearless/