Vreesloos In Die Geveg Voorbeeld

Fearless in Battle

DAG 5 VAN 7

Jesus verduidelik vir sy dissipels die wonderwerk van die vyeboom wat verdroog het. "As jy geloof het en nie twyfel nie ... as jy vir hierdie berg ... sal dit gebeur" (my klem)

Daar is krag in woorde. Ons kan nooit hul gewig onderskat nie. Woorde het gevolge. 

Die Bybel sê dat die tong mag het oor lewe en dood. (Spreuke 18:21)

In die dieptes van sy teenspoed verklaar Dawid in Psalm 27:13: "As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie!"

Geteister deur siekte en getraumatiseerd deur persoonlike verlies, sê Job: "Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer!" (Job 19:25) 

Met die dood wat hulle in die oë staar, verkondig Sadrag, Mesag en Abednego: "Ons God het die mag om ons te red…" (Daniël 3:17)

Josua het hardop gebid dat die son moet stil staan en dit het. (Josua 10: 12-15)

Wat is jou woorde vandag? Spreek hulle van vrees of van geloof? Vra God om jou woorde te gee wat getuig van sy goedheid en genade. Vra God om jou woorde van vrees te vervang met woorde van geloof. 

Haal die Skrif vir jouself aan. Daar is krag in God se woorde. Toe ek die gevreesde stem van vrees ondervind het toe my dogter onder operasie gegaan het, het ek besluit om myself te anker in die woord van God. Ek het die vrees vernietig met die bes moontlike wapen – die woord van God. Ek het lewe-gewende, lewe-bevestigende woorde gespreek. Ek het gerus in die karakter van God en in my gebede aanspraak gemaak op wie Hy is – die Geneser, die Lewegewer, die Vader, die Almagtige God.  

Wanneer jy deur die waters loop, onthou dat God by jou is. Spreek lewe. Spreek die woorde van God.   

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Fearless in Battle

Is jy iemand wat gewoonlik ingee vir vrees? Of lewe jy konstant in geloof? In hierdie oordenking leer ons hoe om stappe in geloof te neem, sodat jy vir God die geleentheid bied om sy krag in jou skynbaar onmoontlike situasie te kom wys. Word geïnspireer deur 'n persoonlike getuienis van hoe dit is om vreesloos deur die skadu van die dood te loop. Leer om vreesloos te lewe.

More

Baie dankie aan Rajiv Chelladurai en LifeWay Publications India wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb: https://lifeway.in/fearless/