Die Weg van die KoninkrykVoorbeeld

The Way of the Kingdom

DAG 5 VAN 5

Jy Is die Lig van die Wêreld

Ons weet daar is iets verskriklik fout met ons kultuur. Ons sien die simptome: rassisme, verdeeldheid, geweld, sekshandel, verslawing, eensaamheid ens. Ons soek na betekenis en doel, maar vind eerder sosiale wanfunksie, teleurstelling en ontnugtering. Ons kyk na ons regeringsleiers in die hoop om geregtigheid te vind en van armoede en slawerny gered te word.

Ons kultuur het selfbehep en eiegeregtig geword. Met ander woorde, die wêreld is lief vir homself. Selfliefde kan nie die siektes van die mensdom genees nie, want dit kan nie ander se weeklag hoor en reageer nie, hulle vertroos in lyding nie, in hartseer en eensaamheid teenwoordig wees nie, in moeilikheid vertrou word nie, 'n anker in hopeloosheid wees of 'n brug in verdeeldheid nie. Selfliefde kan nie deernis, vriendelikheid, gemeenskap of rus verskaf nie. Selfverloëning, selfvertroue, eiesinnigheid en selfopoffering is nie genoeg nie. Visie en passie is nie genoeg nie. 

Ware, selfopofferende liefde moet die motivering en die grondslag wees. Hierdie liefde vervang alle ander liefde — die selfliefde, liefde vir roem, vir sukses, geld, mag en liefde vir plesier. Sonder 'n vuurwarm liefde vir God en ander kan ons nie onsself verloën of ons eie selfliefde verwerp nie. Dit is wanneer ons 'n ware en passievolle liefde vir God het dat ons gewillig, sonder wrokke, ons lewens vir ander kan neerlê.

Die selfopofferende liefde van Christus in en deur ons is die teenmiddel waar ons kultuur tekortskiet. Dit moet die motivering wees wat ons dwing om koninkryksmense te wees wat op die koninkryk se wyse reageer. Wanneer ons soos Jesus liefhet, is ons bereid om net soos Hy onsself op te offer.

Ons word gemotiveer deur so 'n liefde, bemagtig deur genade, en ons wandel in 'n aggressiewe geloof om ons koninkryksstryd te voer teen die donker magte wat die mensdom verslaaf. Ons volg 'n leefstyl van die koninkryk soos Jesus uitgeleef het. Jesus en sy evangelie is die antwoord. Ons, sy volk, besit die genesing.

Jy is die lig van die wêreld en die sout van die aarde. Jy is vervul met die Heilige Gees wat jou in staat sal stel vir jou taak. Jou sendingveld is jou gesin, buurt en stad. Oral waar jy gaan, wag mense om genees te word, bevry te word, met die Woord van God bemoedig te word en deur verlossing in die koninkryk ingebring te word. Sal jy jou deel doen om die Koning te dien en sy koninkryk te bevorder? 

Ons het hierdie leesplan van 'n ander hulpbron aangepas, kom meer te wete by http://bakerpublishinggroup.com/books/the-way-of-the-kingdom/395660.  



Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Way of the Kingdom

God maak sy kerk wakker, en ons moet die geheelbeeld begin sien. Wanneer tye moeilik raak, sal ons in die versoeking kom om tou op te gooi. Dit is egter nie nou tyd om moed te verloor nie. Sluit by ons aan terwyl ons leer hoe om die tye waarin ons is te verstaan, asook om strategieë te verkry hoe om op te staan en die koninkryk van God te bevorder.

More

Ons wil graag Baker Publishing vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://bakerpublishinggroup.com/books/the-way-of-the-kingdom/395661