Die Weg van die KoninkrykVoorbeeld

The Way of the Kingdom

DAG 2 VAN 5

Om Ore Te Hê Om Te Hoor

Die belangrikste metode om geskiedkundige gebeure, die Skrif en tradisies vir die volk Israel oor te dra, was mondelings. God het op baie maniere en dikwels deur die profete gepraat. Dit is God se begeerte om 'n volk te hê wat sy stem hoor en volgens elke woord lewe wat uit sy mond kom. In Jesus se dag was dit veral belangrik om ore te hê om te hoor.

Wanneer Hy praat, is dit tyd om te luister en te verstaan. Die Bybel sê vir ons om te hoor, hou verband met geloof en getrouheid. Ore om te hoor is 'n idiomatiese uitdrukking wat die luisteraar vra om 'n oop hart en verstand te hê vir wat op die punt staan om geopenbaar te word. Met ander woorde, om te sê: "Wie ore het om te hoor, laat hom hoor," is dieselfde as om te sê: "Word wakker en gee noukeurig aandag!" Slegs geestelike waarneming kan geestelike openbaring verstaan. 

Hoeveel het nie al 'n beweging van God misgeloop omdat hulle nie kon sien wat God besig was om te doen nie? Hulle het hulself onttrek eerder as om hul harte en gedagtes oop te maak. Hulle was gekrenk oor hul posisie en het gekritiseer en dit verdedig eerder as om dit te verander. Dit is tyd dat ons kinders van die lig word wat slim te werk gaan en ore het om te hoor. Ons kan nie die kulturele- en politieke tendense dien en nog steeds ons plek in die koninkryk wil inneem nie. Die skuiwe, skielike veranderinge en selfs krisisse kan beide ongekende geleenthede vir bevordering van die koninkryk skep en kreatiewe strategieë vir finansies, sakeondernemings, politiek, gesinne, onderwys en bediening stimuleer. Ons sal vyandige situasies teëkom wat ons sal moet hanteer om die geleenthede wat dit bied te kan aangryp.

Die liggaam van Christus moet ontwaak vir die geleenthede wat hulle te midde van 'n krisis voordoen. Ons moet met nuwe begrip sien en hoor, en ons moet toelaat dat teëspoed kreatiewe strategieë stimuleer om die koninkryk te bevorder. Kom ons laat die Gees toe om ons verwagtinge en gesprekke te beïnvloed sodat ons wêreldbeskouings en denkwyses vir ons geslag in ooreenstemming met die koninkryk van God kom.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Way of the Kingdom

God maak sy kerk wakker, en ons moet die geheelbeeld begin sien. Wanneer tye moeilik raak, sal ons in die versoeking kom om tou op te gooi. Dit is egter nie nou tyd om moed te verloor nie. Sluit by ons aan terwyl ons leer hoe om die tye waarin ons is te verstaan, asook om strategieë te verkry hoe om op te staan en die koninkryk van God te bevorder.

More

Ons wil graag Baker Publishing vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://bakerpublishinggroup.com/books/the-way-of-the-kingdom/395661