Die Weg van die KoninkrykVoorbeeld

The Way of the Kingdom

DAG 3 VAN 5

Konflik is Onvermydelik

Elke beweging van God word met weerstand van die vyand ontvang. Daar is nie iets soos geloof sonder teenstand nie. Daar is nie iets soos 'n herlewing sonder weerstand nie. Herlewing ontwrig altyd die huidige stand van sake en dit ontbloot die werke van die duisternis in die lewens van individue, mensegroepe, regerings en volke. Dit gebeur omdat die koninkryk van God 'n skeidslyn is. Niemand kan terselfdertyd met 'n voet in die wêreld en 'n voet in die koninkryk staan nie. Die doel van die Koning van die koninkryk is om die gevangenes uit die duisternis te red, terwyl die duiwel probeer om Hom te keer en diegene in die duisternis te vermeerder.

"Dit verseker ek julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter is as Johannes die Doper nie, en tog is die geringste in die koninkryk van die hemel groter as hy" (Matteus 11:11). Wat beteken dit? Jesus sê dat ons as kinders van God deur die Heilige Gees krag en gesag het, maar Hy waarsku ons ook dat konflik onvermydelik is. Wanneer die koninkryk kom, lui dit 'n nuwe regering en 'n nuwe verbondsvolk in wat deur 'n nuwe Koning regeer word (Die Openbaring 19:16).

Jesus het verstaan, om 'n lewe van geregtigheid in 'n wêreld wat deur boosheid en duisternis oorheers word te leef, beteken om teenstrydig met politieke korrektheid en kulturele gedragskode te leef. Dit sal vervolging tot gevolg hê. Toe Jesus vir ons gesê het dat die koninkryk van God onder geweld sal ly (sien Matteus 11:12), het Hy aan 'n patroon van optrede en reaksie erkenning gegee. Hierdie patroon word regdeur die Skrif gevind. God begin beweeg, en die vyand begin teenstand en weerstand bied teen wat Hy doen. Dit was van die begin af so.

Daar sal voortdurende vyandigheid in die wêreld wees totdat die koninkryk van God ten volle verwesenlik is. Uiteindelik sal die saad van die vrou — Jesus Christus — en diegene wat in Christus is, die oorwinning hê. Tot dan "breek die koninkryk van die hemel vir homself 'n pad oop" (Matteus 11:12).  

Ons moet doen wat Jesus gedoen het deur die evangelie uit te leef en die duisternis omver te werp. Ja, konflik is onvermydelik, maar die oorwinning is verseker.  


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Way of the Kingdom

God maak sy kerk wakker, en ons moet die geheelbeeld begin sien. Wanneer tye moeilik raak, sal ons in die versoeking kom om tou op te gooi. Dit is egter nie nou tyd om moed te verloor nie. Sluit by ons aan terwyl ons leer hoe om die tye waarin ons is te verstaan, asook om strategieë te verkry hoe om op te staan en die koninkryk van God te bevorder.

More

Ons wil graag Baker Publishing vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://bakerpublishinggroup.com/books/the-way-of-the-kingdom/395661