VriendskapVoorbeeld

Vriendskap

DAG 18 VAN 43

Spreek Waarheid in Liefde

Lees: Spreuke 27:5-6, Spreuke 28:23, Efesiërs 4:15-16

SOAP: Efesiërs 4:15-16 

Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.


Oordenking 

Sommige van ons stel meer daarin belang om gaaf te wees as om goedgunstig te wees. Ons wil hê dat almal van ons moet hou, en daarom sit ons 'n vals glimlag op en maak asof alles reg is, selfs al is dit nie. Ons vermy twispunte of ongemaklike gesprekke omdat ons bang is om iemand te ontstel, en ons hanteer meningsverskille op die oppervlak, sonder om by die wortel van die probleem te kom. Dit is vir ons meer belangrik dat ander van ons hou as dat ons lief is vir die mense in ons lewens.

 Dit is nie opregte liefde nie. Paulus het die Christene in Efese aangemoedig om in liefde by die waarheid te bly, wetende dat ware verhoudings op eerlikheid en liefde gebaseer is. Sonder waarheid is ons liefde oppervlakkig en wankelrig, en word dit maklik deur probleme gebreek. Sonder liefde is ons waarheid so onverbiddelik dat dit versoening belemmer. In stede daarvan word ons geroep om albei saam te beoefen: om die waarheid met vrymoedigheid te spreek, want ons is lief vir diegene wat dit moet hoor. Wanneer ons elkeen ons deel doen om sterker verhoudinge te bou, vertoon die hele liggaam van Christus die liefde en die waarheid in die kern van ons geloof beter. 

Gebed

Here God, help my om ander meer lief te hê as wat ek begeer dat ander van my hou. Gee my hierdie week die geleenthede en die krag om waarheid in liefde in my verhoudinge te beoefen. Amen.


Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com