VriendskapVoorbeeld

Vriendskap

DAG 23 VAN 43

Memoriseervers:

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 

1 Korintiërs 13:4-7


Uitdaging vir die week:

Terwyl ons probeer om Bybelse vriendskappe te ontwikkel en te bevorder, het ons ‘n wesenlike vyand wat ons werk wil vernietig. Geestelike oorlogvoering is werklik en ons moet waaksaam wees in ons verhoudinge. Skryf hierdie week ‘n spesifieke gebedslys vir jou vriende en vra God om jou verhoudinge en hulle s'n te beskerm teen geestelike aanvalle. 


Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com