VriendskapVoorbeeld
Die Behoefte aan Vergifnis
Lees: Kolossense 3:12-14, Efesiërs 4:32, Spreuke 17:17
SOAP: Kolossense 3:12-14
Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.
Oordenking
Al ons vriendskappe sal op die een of ander stadium vergifnis verg. Ons maak foute, ons kommunikeer verkeerd, ons sondig selfs doelbewus teen mekaar. Die teken van 'n goeie vriendskap is nie dat vriende nooit stry nie, maar dat hulle versoening nastreef. Dit mag dalk eenvoudig klink, maar vergifnis is selde maklik. Dit beteken dat ons die gewig van 'n ander persoon se sonde op onsself sal moet neem, hul foute hanteer en kies om in elk geval 'n verhouding met hulle te hê. Dit beteken dat ons nie die sondes van die verlede teen hulle kan hou, of telling hou van elke verkeerde ding wat hulle ooit gedoen het nie.
Dan kom die mees radikale deel van hierdie opdrag: ons word instruksie gegee om ander te vergewe soos God ons vergewe het. God het ons vergewe toe ons niks gedoen het om vergifnis te verdien nie, en dit het Hom duur te staan gekom om versoening met ons te verseker. Hierdie soort vergifnis is ondenkbaar vir baie van ons wat nog net verhoudinge geken het wat altyd op die randjie van 'n volgende ontploffing weifel, waar ou sondes weer opgehaal word. Maar daardie vergifnis is nodig. Dit sal vir die res van die wêreld vreemd lyk — 'n getuienis van die verskil wat God in ons lewens maak.
Gebed
Here, gee my die genade om vergifnis te bied aan mense wat my onreg aangedoen het. Help my om te verstaan hoe U my vergewe het, sodat ek ander kan vergewe. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com