VriendskapVoorbeeld

Vriendskap

DAG 20 VAN 43

Vriende Wat Mekaar Vorm

Lees: Spreuke 27:17, Spreuke 27:9

SOAP: Spreuke 27:17

Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.


Oordenking

As jy al ooit jou hand met 'n stomp mes gesny het, weet jy hoe belangrik dit is dat gereedskap skerp moet wees. 'n Stomp mes vervul nie sy doel nie (om die regte voorwerp met presisie te sny) en veroorsaak eerder pyn. Yster kan met 'n ander stuk yster geslyp word. Een gereedskap wat funksioneer waarvoor dit bedoel is, word gebruik om 'n ander stomp gereedskap weer tot sy regte toestand te herstel. Dit is wat ons vriendskappe moet doen: om mekaar weer te laat funksioneer waarvoor ons bedoel was. 

Sedert sonde in die wêreld gekom het, het niks gefunksioneer soos dit moet nie, insluitende mense. In plaas daarvan om op God gerig te wees, het ons na ons eie binneste gekeer. Ons word verteer deur selfsugtige vernietiging omdat ons nie funksioneer soos ons Skepper dit bedoel het nie. Ons vriende kan instrumente van God se genade in ons lewens wees om ons tot ons regmatige toestand te herstel. Dit gebeur as ons mekaar vriendelik bestraf oor sonde in ons lewens, mekaar aanmoedig en mekaar help om in ons gawes te groei. 

Gebed

Here God, dankie vir die geskenk van vriende! Help my om die soort verhoudinge te kweek wat my in my geloof versterk. Wys my hoe ek hierdie soort vriend vir die mense in my lewe kan wees. Amen.



Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com