Die Buitengewone Krag van Lofprysing: 'n 5-dag-leesplan Uit die PsalmsVoorbeeld

The Extraordinary Power of Praise: A 5 Day Devotional From the Psalms

DAG 5 VAN 5

Om God te Prys, Bring Oorwinning

Ons het 'n vyand wat wil roof, steel, doodmaak en vernietig. Hy werk oortyd om ons van ons selfvertroue te beroof en ons passie te steel. Hy is 'n leuenaar en aanklaer. Sy naam is Satan. God het egter vir ons wapens gegee wat ons in oorlogvoering kan gebruik wanneer die Satan op ons jag maak. Ons kan die vyand slaan met die Woord van God en met lofprysing. Wanneer hierdie twee wapens gekombineer is, sal jy hom onder jou voete vertrap. Die saak staan so: die Satan is allergies vir lofprysing. Wanneer jy agterkom hy probeer jou verslaan of jou selfvertroue steel, begin dan om die Naam van Jesus Christus te prys. Terwyl jy Jesus Christus verhef vir wie Hy is, sal die Satan soos 'n lafaard weghardloop.

Hierdie beginsel word gesien in die verhaal van Josafat wat die troepe van Juda uitlei om te veg teen die vyande wat hulle omring. In plaas daarvan om eers die troepe uit te stuur, het koning Josafat kore uitgestuur wat sing: “Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie” (2 Kronieke 20:21). Terwyl die kore gesing het, het die HERE hinderlae teen die vyande gestuur en almal is verslaan. Dit is 'n kragtige verhaal wat illustreer hoe lofprysing aan God die vyand in ons lewens verslaan.

Sela – Stil raak en Nadenke: In watter area van die lewe verlang jy daarna om oorwinning te sien (soos oorwinning oor angs, vrees, verslawing, voedselverwante kwessies ...)? Hoe is dit vir jou om God te loof dat die oorwinning reeds deur Jesus Christus behaal is?

Lofgebed: Here Jesus, ek loof U, want met u hulp kom ek deur enige situasie wat onoorkomelik voel. Deur u krag verander duisternis na lig. Dankie dat wanneer ek beangs is, U by my teenwoordigheid is. Ek loof U dat U belowe om my in oorwinning te lei terwyl ek op U vertrou. Hemelse Vader, ek dank U dat ek deur Christus oorwinning in elke situasie het. Geen wapen wat teen my gerig word, sal voorspoedig wees nie. Ek loof U, Here Jesus, dat ek vandag in u oorwinning kan staan.

Psalm 18:47-50 AFR83: “Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Ek prys my God wat my gered het. Dit is God wat my die oorwinning gee, wat volke aan my onderwerp. Hy red my van my vyande. Ja, U stel my buite bereik van my teëstanders, U bevry my van geweldenaars. Daarvoor sal ek U loof voor die nasies, Here, tot eer van u Naam 'n lofpsalm sing!”

Vir verdere hulp om angs te oorkom, sluit by Becky Harling aan vir 'n 6-week studie van die Psalms in Die Buitengewone Krag van Lofprysing.   

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Extraordinary Power of Praise: A 5 Day Devotional From the Psalms

Angs, vrees, eensaamheid en depressie het die afgelope paar jaar drasties toegeneem. Die Psalmdigters was geen vreemdelinge vir hierdie emosies nie. Hulle het egter geleer om die buitengewone krag van lofprysing te benut om dit te oorkom. Ontdek die geheim om deur hierdie oordenkings uit die Psalms kalm te raak.

More

Baie dankie aan Moody Publishers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.moodypublishers.com/the-extraordinary-power-of-praise/