Die Buitengewone Krag van Lofprysing: 'n 5-dag-leesplan Uit die PsalmsVoorbeeld

The Extraordinary Power of Praise: A 5 Day Devotional From the Psalms

DAG 4 VAN 5

Om God te Loof Kweek Tevredenheid

In ons huidige kultuur is dit so maklik om te kerm en te kla oor wat ons kortkom. Ons vergelyk ons omstandighede met ons vriende s'n en dink hulle het 'n baie makliker lewe as ons. In ons ontevredenheid begin ons brom en kla. Dawid het geskryf omdat die HERE sy herder is, kom hy niks kort nie (Psalm 23:1). In 'n ander Psalm het hy geskryf dat die HERE alleen sy erfenis en beker is (Psalm 16:6 AFR53).

Wat het vir Dawid tot by hierdie punt van diepe, blywende tevredenheid gebring? Ek glo dit was sy voortdurende keuse om God te loof en prys. Wanneer ons vergelyk en kla, ontwrig ons ons tevredenheid. Die teenoorgestelde is egter ook waar. Hoe meer ons God loof en aanbid, hoe liewer word ons vir Hom. Hoe meer ons Hom dank, hoe dankbaarder word ons. Hoe meer ons ons liefde aan Hom betuig, hoe liewer raak ons vir Hom. Geleidelik is daar die besef dat Hy – die algenoegsame God – werklik genoeg is. Trouens, Hy is meer as genoeg! Dan is ons in staat om die woorde van Dawid te eggo, en in eerlikheid kan ons verklaar: "Ek kom niks kort nie!"

Hoekom probeer jy nie om Hom vir vyftien minute elke dag, oor die volgende vyf dae, te prys nie? Jy kan karaktereienskappe van Hom lys waarvoor jy dankbaar is. Of jy kan aanbiddingsmusiek gebruik om jou lof aan te wakker. Hoe jy dit doen maak nie regtig saak nie. Probeer net om Hom te prys. Kyk wat gebeur in jou siel.

Sela – Stil raak en Nadenke: Is jy 'n persoon wat van nature geneig is om te vergelyk en te kla? Hoe sou dit vir jou wees om so tevrede met Jesus te wees dat jy vanuit 'n plek van egtheid kan sê: "Ek kom niks kort nie?"

Lofgebed: Heilige Vader, ek loof U dat U die algenoegsame, alles onderhoudende God is. U kom niks kort nie en U belowe my dat U alles sal voorsien wat ek nodig het. Ek aanbid U omdat U my deel en my voorsiening is. In U vind ek rustige tevredenheid wat alle verstand te bowe gaan, want ek besef dat U 'n vrygewige en liefdevolle God is. Alles wat ek nodig het, vind ek in U. Dankie dat ek kan ontspan en in U veilig voel, want U het alles onder beheer. Ek loof en aanbid U as my heilige, algenoegsame God.

Psalm 16:6 AFR53: "Die Here is die deel van my erfenis en van my beker; Ú onderhou my lot.”

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Extraordinary Power of Praise: A 5 Day Devotional From the Psalms

Angs, vrees, eensaamheid en depressie het die afgelope paar jaar drasties toegeneem. Die Psalmdigters was geen vreemdelinge vir hierdie emosies nie. Hulle het egter geleer om die buitengewone krag van lofprysing te benut om dit te oorkom. Ontdek die geheim om deur hierdie oordenkings uit die Psalms kalm te raak.

More

Baie dankie aan Moody Publishers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.moodypublishers.com/the-extraordinary-power-of-praise/