SielsontgiftigingVoorbeeld
Kolossense 3 moedig ons aan om ons denke op God te vestig en nie op aardse dinge wat skadelike gedagtes kan veroorsaak nie. Een van die beste maniere om op God te begin fokus, is om daagliks tyd met Hom in gebed deur te bring en om sy Woord te lees.
Watter spesifieke skadelike gedagtes moet jy verander? Op watter maniere kan jy die verandering teweegbring?
Watter spesifieke skadelike gedagtes moet jy verander? Op watter maniere kan jy die verandering teweegbring?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons is nie 'n liggaam met 'n siel nie. Ons is 'n siel met 'n liggaam. Alhoewel die wêreld ons tereg leer om van tyd tot tyd gifstowwe uit ons liggame te verwyder, is dit ook nodig om skadelike dinge uit ons siele te verwyder. Hierdie 35-dag leesplan sal jou help om vas te stel wat aan jou siel knaag en wat jou verhoed om die persoon te wees waarvoor God jou geskape het. Jy sal uit die Woord van God leer hoe jy hierdie skadelike invloede kan neutraliseer en 'n skoon lewe vir jou siel aangryp.
More
Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.life.church