SielsontgiftigingVoorbeeld

Soul Detox

DAG 17 VAN 35

Vrees is om geloof te hê, maar dit plaas jou geloof op die verkeerde dinge. Vrees plaas jou geloof in die "wat as". Soveel van ons vrese is gefokus op dinge wat miskien nooit sal gebeur nie. Daar is mos geen rede om dinge te vrees wat dalk nie eens sal gebeur nie. Self mense in die Bybel het met hul eie "wat as"-vrese geworstel. Jy gaan vandag lees van Moses se "wat as"-vrees en hoe God hom krag gegee het om dit te oorwin.

Wat is van die "wat as"-vrese wat jou vrese aanhits?
Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Soul Detox

Ons is nie 'n liggaam met 'n siel nie. Ons is 'n siel met 'n liggaam. Alhoewel die wêreld ons tereg leer om van tyd tot tyd gifstowwe uit ons liggame te verwyder, is dit ook nodig om skadelike dinge uit ons siele te verwyder. Hierdie 35-dag leesplan sal jou help om vas te stel wat aan jou siel knaag en wat jou verhoed om die persoon te wees waarvoor God jou geskape het. Jy sal uit die Woord van God leer hoe jy hierdie skadelike invloede kan neutraliseer en 'n skoon lewe vir jou siel aangryp.

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.life.church