SielsontgiftigingVoorbeeld

Soul Detox

DAG 16 VAN 35

Daar is vier soorte vrese: vrees vir verlies, vrees vir mislukking, vrees vir verwerping en vrees vir die onbekende. Dit is hoogs waarskynlik dat jy met een of meer van hierdie vrese worstel. Hierdie vrese kan jou verlam en die goeie dinge wat God vir jou het, van jou weerhou. Onthou dat 2 Timoteus 1 ons leer dat God ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee het nie, maar 'n gees van krag, liefde en selfbeheersing.

Met watter vrese worstel jy tans die meeste?
Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Soul Detox

Ons is nie 'n liggaam met 'n siel nie. Ons is 'n siel met 'n liggaam. Alhoewel die wêreld ons tereg leer om van tyd tot tyd gifstowwe uit ons liggame te verwyder, is dit ook nodig om skadelike dinge uit ons siele te verwyder. Hierdie 35-dag leesplan sal jou help om vas te stel wat aan jou siel knaag en wat jou verhoed om die persoon te wees waarvoor God jou geskape het. Jy sal uit die Woord van God leer hoe jy hierdie skadelike invloede kan neutraliseer en 'n skoon lewe vir jou siel aangryp.

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.life.church