Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 10 VAN 30

Die Begin van Afvallig Word

'n Klein weermag het na Jesus toe gemarsjeer. Swaarde, spiese, skilde en fakkels het in die donker naderbeweeg na Hom toe soos ʼn magdom mense gekom het om Hom gevange te neem. Hulle was rasend, aangespoor deur hul skare-mentaliteit: "Ja, laat ons hom vang! Wie moet ons nou weer vang?" Jy weet hoe skares is. Hulle stook mekaar op; hulle weet nie eens waaroor hulle protesteer nie. Hulle word vasgevang in die emosie van die oomblik.

Dit is heel moontlik wat gebeur het toe die skare Jesus van Nasaret genader het, wat nog nooit een van hulle wette verbreek het nie. Net om te wys dat Jesus nie ʼn hulpelose slagoffer was nie, maar ʼn kragtige oorwinnaar, het Hy opgestaan en gesê, “Wie soek julle?” (Johannes 18:7).

”Jesus van Nasaret,” was hulle antwoord.

Hy het geantwoord, “Dit is Ek” en met daardie woorde, vertel die evangelie van Johannes, het al die mense wat so teen mekaar gedruk het, “... hulle teruggetrek en op die grond neergeval!” (vers 6). Het jy al ooit domino's gespeel? Dit is heel moontlik hoe dit was toe die skare neergeval het.

Hierdie sou ʼn goeie oomblik vir Judas gewees het om sy besluit om Jesus te verraai, te heroorweeg, maar Judas kon blykbaar nie wag om te doen wat hy van plan was om te doen nie en hy sou blindelings sy pad na die hel volg.

Ek het al rasionele mense gesien wat van beter weet, wat die mees onbesonne dinge denkbaar onder die mag van sonde gedoen het. Salomo, wat bekend was vir sy wysheid, het openlik en blatant teen God gesondig. Dit is hoekom ons versigtig moet wees. Ons dink ons kan sonde hanteer. Ons sê, “O, hierdie sal nie vir my ʼn probleem wees nie. Ek is baie sterk." Maar dit is die begin van die pad na afvalligheid.

Ter opsomming: Vermetelheid kan lei tot afvalligheid.


Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Skrifaanhalings is geneem uit die Afrikaanse Bybel, 1983 weergawe.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org