Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld
Volg op ʼn Afstand
Afstand vanaf die Here is die oorsaak van elke ondergang.
Byvoorbeeld: jy kan vir my ʼn huwelik wys wat ineengestort het en al die verskillende redes daarvoor aanhaal, maar ek sal jou presies vertel waar dit ineengestort het. Dit het ineengestort by die paartjie se kommunikasie. Iets het gebeur, en die vriendskap waarop die huwelik gebou is en die kameraadskap wat hul eens geniet het, is nie meer wat dit was nie. Toe het al daardie ander probleme hulle weg in die gebroke huwelik gevind.
Dieselfde kan gesê word van ons verhouding met God. Ons beweeg verder van die Here af weg. Ons begin nie meer die dag met Bybelstudie en gebed nie. Ons is te besig om ander dinge te doen en dan ontwikkel ander probleme. Ons bevind onsself dan besig om op ʼn afstand te volg.
Dit is een van die stappe wat Petrus geneem het in sy ontkenning van die Here. Die Bybel vertel vir ons, nadat Jesus in hegtenis geneem is: “Petrus het op 'n afstand agter Hom aan gegaan tot by die binnehof van die hoëpriester se woning. Hy het ingegaan en daar by die wagte gaan sit om te kyk hoe dit afloop” (Matteus 26:58).
Daar is sulke mense in die kerk. Hulle is gewoonlik laat vir die diens en die eerstes wat dit verlaat. Hulle sit gewoonlik in die agterste ry. Hulle wil in twee wêrelde leef, dus volg hulle op ʼn afstand. Dit is wat Petrus gedoen het.
Ek het 'n verhaaltjie gehoor van ʼn klein seuntjie wat in die middel van die nag uit sy bed geval het. Toe sy ma hom vra wat gebeur het, het hy geantwoord: “Wel, ek dink ek het te naby aan die plek gebly waar ek ingegaan het.”
Dit is dieselfde rede hoekom ons van die Here af wegdwaal. Ons bly te naby aan die plek waar ons ingegaan het.
Ter opsoming: Volg jy Jesus van 'n afstand of van naby?
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More