Hoe om 'n Naaste te weesVoorbeeld

How To Neighbor

DAG 3 VAN 10

Een Opdrag vir Liggaam en Siel

Ons is geneig om ons lewens tussen deure te leef. Ons gaan deur 'n kerkdeur om te aanbid, 'n kantoordeur om werk gedoen te kry, en dan stap ons by ons huise in om van alles te vergeet. Gister het ons gesels oor die teologie hieragter. Ons is geneig om die fisieke en geestelike te skei. Maar Jesus het 'n brug gebou. Hy het gesê die een is soos die ander. Hy het gebid dat God se wil op aarde sal geskied net soos in die hemel. Dus, hoe sou dit wees as ons die deure oopmaak en toelaat dat een opdrag — Jesus se twee grootste gebooie — in elke deel van jou lewe oorloop? Hoe gaan jy die Hoe om 'n naaste te wees-beginsel uitleef? Ons gaan groot op hulp vir liggaam en siel.

Ons het die Heilige Gees gevra om ons unieke opdrag te openbaar. Jesus het geweet wat sy opdrag is. Hy het in Lukas 4:16-21 van natgeswete timmerman na Messias gegaan. Nadat Hy 40 dae lank in die woestyn deur honger, onderdrukking en dors gegaan het, het Jesus in die dorp waar Hy grootgeword het aangekom, voor in die tempel gaan staan en aangekondig hoekom Hy van die hemel na die aarde gekom het: om die goeie nuus aan die armes te bring, vrylating vir gevangenes, blindes weer te laat sien, verdruktes vryheid te gee en dat die tyd van die HERE se guns aangebreek het.

Het jy opgelet Jesus se stryd in die woestyn is soos sy opdrag? Het jy opgelet dat Jesus krag van die Heilige Gees ontvang het? Sy opdrag sluit die geestelike en fisieke in. Laastens, let op Hy het nie gesê het: "Ek het gekom om dit alles gedoen te kry nie." Dit is meer asof Hy gesê het: "Ek het gekom om aan te kondig dat dit alles gaan gebeur." Hoe sal dit gebeur? Wanneer ons dieselfde krag van die Heilige Gees gebruik om Jesus se opdragte uit te voer. Want dit is nie net sy opdrag nie. Dit is ons mede-opdrag, die groot sendingopdrag. Dit is nie net geestelik nie. Dis ook fisiek.

Jy gaan nou van Pastoor Craig hoor en na 'n kort verhaal oor twee uiters normale mense kyk wat groot gaan op hulp vir liggaam en siel. Terwyl jy kyk, dink biddend oor hierdie vrae: Wie ken ek of met wie het ek interaksie wat geestelike hulp nodig het? Het hulle dalk tasbare of emosionele behoeftes wat ek nie raaksien nie? Wie ken ek wat fisieke hulp nodig het? Het hulle dalk geestelike behoeftes wat ek nie raaksien nie? Hoe kan die Heilige Gees my in hulle lewe gebruik? Hoe kan ek liggaam en siel laat saamwerk wanneer ek Christus volg op die plekke waar ek tyd deurbring? Het ek my eie fisieke en geestelike dors misgekyk of met mekaar verwar? Het ek, soos Christus, 'n "tyd in die woestyn" gehad wat my unieke deel van die groot sendingopdrag kon openbaar? Het ek die krag van die Heilige Gees aangewend om al hierdie dinge werklik te kan doen?

Vandag se treetjie: Kyk na die video. Tree vandag uit jou gemaksone. As jy altyd fisieke of emosionele hulp aanbied, bied dan aan om saam met iemand te bid. As jy altyd bid of getuig, bied tasbare hulp aan. Maar moenie net by een daarvan hou nie. Begin om so te lewe.

Beginsel Een: Ons gaan groot met hulp vir liggaam en siel.
Die evangelie — God se goeie nuus — beloof vryheid vir die hele mens. Ons volg die model wat Jesus uiteengesit het: sorg vir beide die liggaam en die siel. Ons verkondig onwrikbaar die evangelie terwyl ons die natuurlike en sosiale dele van ons gemeenskappe herstel en ontwikkel.

 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How To Neighbor

Wat as ons nie ver hoef te reis om naby mense te kom wat ver van God af is nie? Wat as Christene die beste bure was? Sou jou straat verander het? Sou die hemel voller wees? Lank gelede het 'n godsdienstige leier vir Jesus gevra hoe om in die hemel te kom. Jesus het met 'n vraag geantwoord en toe die verhaal van die barmhartige Samaritaan vertel. Dit verras mens nie, maar 2000 jaar later verduidelik Jesus se verhaal steeds hoe om werklik 'n naaste te wees. Sluit aan by Pastoor Craig Groeschel en Life.Church in 'n praktiese, verhaal-gebaseerde gids oor hoe om jou naaste te ontmoet en lief te hê soos jouself. Maar moenie dit net lees nie — leef dit uit!

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church