Hoe om 'n Naaste te weesVoorbeeld

How To Neighbor

DAG 7 VAN 10

Klim van jou Boot af en trek 'n Stoel nader

Gister het ons vir Andy en Sylvia ontmoet. Hoekom het hulle in hul huidige woonbuurt ingetrek? Om hul bure te leer ken en Christus te verteenwoordig. Hoe doen hulle dit? Braaivleis. Waarom het Jesus uit die hemel aarde toe gekom? Om ons te leer ken, sodat ons diep en bevredigende lewens kan lei. Dis waarom Hy gekom het, maar hoe het Hy gekom? Jesus het self gesê: “Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink.” Dit was onnodig vir Hom om dit te sê. Die skriftuurlike krummels van hierdie etes is 'n bewys dat Jesus sy pad deur die evangelies geëet en gedrink het: brode en visse vir 5 000, water met die vrou by die put, water in wyn verander, 'n ete in Saggeus se huis, die laaste maaltyd, middagete saam met Levi die tollenaar, 'n ete saam met Fariseërs, die bruilofsmaal van die lam, "Ek was dors", die gelykenis van die bruilof, en 'n vars vis wat Hy op die vuur gebraai en saam met sy eerste dissipels geëet het.

As ons geroep word om medewerkers van Jesus se sending, sy hoekom te wees, moet ons dan nie ook by Andy en Sylvia aansluit om sy hoe te beoefen nie? Toe Hy ons gevra het om wyn te drink en brood te breek ter nagedagtenis aan Hom, was dit by 'n ete in 'n huis. Om maaltye met ons naaste te deel is die mees beproefde, praktiese en aangename manier om hulle te leer ken. Dit is 'n gedeelde strewe om ons honger na fisieke, emosionele en geestelike voedsel te les. Dis aan tafel waar Jesus Homself gedeel het. As ons dus hier is om Hom met ons naaste te deel, kom ons trek 'n stoel nader!

Elke maaltyd wat Jesus gedeel het, wys ons hoe om 'n naaste te wees, maar by wyse van opsomming, kom ons kyk na sy laaste maaltyd. Na die laaste maaltyd het Jesus sy laaste ontbyt gedeel. Onthou jy toe Jesus vir Petrus die eerste keer ontmoet het? Hy het hom van sy vissersboot af na 'n nuwe lewe gelok — om visvang te verruil om mense te vang.

’n Paar dae later het Jesus opgedaag, opgewek uit die dood, om Petrus en sy dissipels te vind wat teruggeval het na hul ou visvang loopbane. Maar hul terugval het misluk. Hulle het die hele nag probeer en niks gevang nie … niks totdat Jesus vir hulle gesê het om hul nette aan die ander kant in te gooi, en hulle toe 153 groot visse uit die diep water opgetrek het. Toe hulle die vangs strand toe sleep, was Jesus reeds besig om sy eie vangs te braai. Nadat hulle geëet het, het Jesus Petrus se liefde vir Hom bevraagteken. Petrus het sy liefde elke keer bevestig, en Jesus het gesê: “Laat my lammers wei.” Drie keer (dieselfde aantal kere wat Petrus vir Jesus verloën het), het Jesus die vraag en die opdrag herhaal. Na hierdie gesprek het Petrus begin om 'n herder te wees van wat tot die Christendom ontwikkel het.

Wat het hierdie ete van gebraaide vis te doen met wie ons naaste is? Hoeveel van ons is in dieselfde bootjie as Petrus? Jesus het ons geroep om mense te vang, maar ons het ons nette uitgegooi vir terugval-sendings en om ontwykende drome na te jaag. Ons vang al die hele nag vis – ons hele lewe lank – en ons huise, bankrekeninge en motorhuise is dalk vol, maar ons nette is nóg diep nóg vol. Ons skryf dus 'n tjek uit, onderneem 'n reis, of laai 'n kombers af om Jesus se herhalende vrae en opdragte te probeer stilmaak: "Het jy my lief? Voed my lammers.” Dit beteken nie dat ons ons werke moet bedank, ophou om tjeks uit te skryf en etende, reisende, evangeliste en predikers te word nie. Ons hoef nie. Ons is egter almal as herders geroep om Jesus se lammers te voed en te versorg. Die opgestane Christus wag op die strand en nooi ons waaiende van ons bote af, om brood te breek saam met die armes, met sondaars, met gevangenes, en om sy goeie nuus met almal aan ons tafels te deel.

Vandag se treetjie: Vra die Heilige Gees om met jou te praat of jy jou Vader dien of jou terugval loopbaan. Nooi sommige bure — veral dié wat nie soos jy is nie — vir 'n ete.

Beginsel Drie: Verligting en herstel is verskillend — maar albei maak saak.
Ons besluit om vinnig te hardloop met verligting of lank te loop met herstel. Verligting is onmiddellike, tydelike hulp om lyding tydens en na 'n krisis te verlig. Herstel vind plaas deur langtermyn verhoudinge wat mense, gesinne en gemeenskappe herbou terug na hul God-ontwerpte heelheid. Albei maak saak.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

How To Neighbor

Wat as ons nie ver hoef te reis om naby mense te kom wat ver van God af is nie? Wat as Christene die beste bure was? Sou jou straat verander het? Sou die hemel voller wees? Lank gelede het 'n godsdienstige leier vir Jesus gevra hoe om in die hemel te kom. Jesus het met 'n vraag geantwoord en toe die verhaal van die barmhartige Samaritaan vertel. Dit verras mens nie, maar 2000 jaar later verduidelik Jesus se verhaal steeds hoe om werklik 'n naaste te wees. Sluit aan by Pastoor Craig Groeschel en Life.Church in 'n praktiese, verhaal-gebaseerde gids oor hoe om jou naaste te ontmoet en lief te hê soos jouself. Maar moenie dit net lees nie — leef dit uit!

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church